BlogsEditor's noteOpinion

My Beurt: Tobie van den Bergh

Jannie van der Schyff? Jy sal nie die naam ken nie. Jy sal nie onthou dat Jannie van der Schyff groot in kleur Woensdag op 'n nasionale koerant se voorblad gepryk het nie.

Miskien ken jy die naam Chris of Charles Rossouw?

Bekende rugbyspelers. Chris lid van die seëvierende 1995 Wêreldbekerspan.

Maar Jannie?

Jannie was maar net ‘n gewone Suid-Afrikaner.

Joviale, goeie, hardwerkende gesinsman. Direkteur by die Rossouws se familiebesigheid. Getroud met die Rossouw broers se niggie, Lezel.

Het Jannie in 1989 afgeneem toe hy vir die Ibbies, Potch Universiteit, se rugbyspan gespeel het teen Alberton. Nikseggende feit.

Later in Amerika saam met ‘n broer op ‘n seiljag gewerk. Vir niemand sal dit seker iets beteken nie.

leze_639688709

Jannie weer by die legendesaand raakgeloop wat dr Nicus Botes by die Middelburg Buiteklub gereël het. Steeds daardie yslike glimlag, sy warmhartigheid aanvoelbaar.

En daar is Jannie toe in die koerant saam met sy vrou…doodgeskiet deur rowers, vir niks.

Foto na foto het op Lezel se Facebookblad vertel van ‘n gelukkige gesin. Twee seuntjies, liefdevol teen ‘n pa en ma vasgedruk.

Jannie van der Schyff?

Nie ‘n naam wat in rugbyanale aangeteken gaan word nie.

Nie eers iewers op ‘n gedenkmuur vir misdaadslagoffers nie.

“Nog een van die misdaadstatistieke” sal mense sê…en dan aangaan of daar nie ‘n Jannie van der Schyff was nie…

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button