Rooi Bulle kry hou op ken…
Die rugby-, netbal en hokkiespanne van HTS Middelburg het Saterdag opgetrek na Centurion om mee te ding in die kwartfinaal van die gewilde TUKS-Reeks.
Die Rooi Bulle het hul kragmeting 5-28 teen ‘n sterk Monumentspan verloor. Die Rooies het egter vyf skoppe na die pale verbrou en hoewel hulle goed verdedig het, was dit net een van dáárdie dae op die rugbyveld waar niks wou regloop nie.
Alhoewel dit klipharde stryde op die rugbyveld was, het die o/16A-span daarin geslaag om Centurion 33-0 te oorrompel. Die o/14A’s byt in die stof teen Transvalia met 3-25, terwyl die o/15A’s deur Monument met 5-62 geklop word.
Vyf van vier Rooies-netbalspanne sluit hul wedstryde met wentellings af. Die o/18A’s lewer ‘n pragvertoning in húl wedstryd teen Centurion en blyk onstuitbaar te wees met ‘n telling van 30-14. Die o/15A’s volg in die spore van hul seniors waar hulle die baan aan die brand speel en EG Jansen klop met 21-10.
Netbal:
o/14A: 15-11 teen EG Jansen (9-12)
o/15A: 21-10 teen EG Jansen (1-4)
o/16A: 20-14 teen Centurion (9-12)
o/17A: 10-18 teen Monument (5-8)
o/18A: 30-14 teen Centurion (1-4)
Seunshokkie:
o/14A: 2-0 teen Centurion (1-4)
o/16A: 0-2 teen Transvalia (5-8)
Eerste span: 0-1 teen Transvalia (5-8)
Dogtershokkie:
o/14A: 0-4 teen Transvalia (5-8)
o/15A: 0-1 teen EG Jansen (13-16
o/16A: 0-5 teen Transvalia (5-8)
Eerste span: 1-5 teen Transvalia (5-8)
Tennis:
Juniors: 114-55 teen Eldoraigne
Seniors: 103-75 teen Eldoraigne
Die tweede meisiespan neem deel in die B-liga teen Curro Bankenveld en wen oortuigend met 37-18. Die tweede seunspan buig egter die knie met 26-29.
* Die semi-finaal van die TUKS-Reeks vind op 1 en 2 Mei op die TUKS-sportterrein plaas.








