Local newsLocal sportNewsSport

Bekende skeidsregter oorlede

'n Voormalige voorsitter van die Suidoos - Transvaal Skeidsregtersvereniging, mnr. Lappies Labuschagne (73), is Vrydagoggend by sy huis in eMalahleni aan 'n hartaanval oorlede.

Sy vrou, Annabell, het Maandag gesê dat sy vroegoggend nog met hom gepraat het maar “dat hy twee geluide gemaak” en daarna oorlede is.

Hy was een van die beste skeidsregters wat die provinsie opgelewer het en is hoog aangeslaan in Suid-Afrikaanse skeidsregterskringe.

Die Middelburgse skeidsregter, mnr. Dries Breytenbach, het in ‘n boodskap aan ander skeidsregters gesê “dit is met groot hartseer dat ek julle meedeel dat ons vriend, Lappies Labuschagne, vanoggend oorlede is.

Hy was my groot leermeester en ? ware heer. Hy het jare lank op die SA Skeidsregterspanele gedien en talle Curriebekerwedstryde hanteer. Ons bid Annabell en die kinders vertroosting toe en weet dat Sy genade groot genoeg is. Ons gaan jou mis my vriend…ons gaan jou mis.”

•Mnr. Labuschagne laat sy vrou Annabell, dogter Surette (45) en kleinkind Charné (20) agter.

Die begrafnisdiens is Woensdag, om 12:00, uit die NG Suid Kerk in Plumerstraat eMalahleni.

•Lees in Vrydag se Observer oor “Lappies” se wroeging omdat hy Kat Smit moes afstuur, die masjiengeweer koeël in die rugbystewel en toe hy met swart pak klere lynregter moes speel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button