
Opgewonde kinders kom nader gehardloop. “Oom, kan ons asseblief help uitdeel?” Ander klim tussen lekkers deur op die bak, sodat daar nie meer plek is vir ’n muis nie. Almal is só opgewonde, want dit is die hoogtepunt vir hulle elke maand.
Dan moet ek dit doen: “Liewe kinders. Die barmhartige oom en tannie wat die geldjies gee vir die lekkers is op. Ons kan nie meer kom nie.”
Almal verstar. Trane begin vloei. Handjies word gevat. “Liewe Jesus, liewe Jesus, wat nou? U kan help! Iewers in ons dorp moet daar nog ’n barmhartige samaritaan wees. Dankie Jesus. Ons glo. Amen.”
Ons ry deur Bloekomsig, almal kry, oud en jonk. Almal verneem die nuus, almal gaan bid.
Dit wat oor is behoort aan die kinders by Koppiestraat.
Uiteindelik is ons klaar.
Dankie Abba Vader, dankie Jesus, dankie Heilige Gees, ons aanbid U. U sal voorsien.
• As iemand bydraes wil maak vir die lekkergoed karretjie dat hy weer een keer per maand lekkergoed by Bloekomsig en Koppiestraat kan aflewer, bel Daleen Naude by die Observer by 013 243 1434.




These topics are so cousfning but this helped me get the job done.