BlogsEditor's noteOpinion

My Beurt: Yolandi van den Berg

Op 'n toneel voor die Café 101 waar 'n skoolkind van sy tas beroof is. My man bel my en voordat hy nog 'n woord kan uiter sê ek: "Skat ek kan nie nou praat nie, ek's op 'n toneel..."

Min wetend dat my man sopas self op ‘n misdaadtoneel afgekom het!

Daar is by ons huis ingebreek.

Kom by die huis aan… die motorhuis staan oop, deure staan oop, verskeie elektroniese goedere is gesteel… alles is omgekeer!

Die polisie kom etlike ure later by die huis aan. Ná ‘n gesukkel om hulle in die hande kry! “No mam, we are not going to take fingerprints.”

Die polisie se vingerafdrukeenheid bel twee dae later: “Can we come take fingerprints?”

Regtig?!

Die polisie het wel later die voertuig in Mhluzi teruggekry, maar sonder en enige van die gesteelde goedere.

‘n Week later gaan haal ek my voertuig by die polisiestasie.

Hier moet ek in my wit motor vol leë drankbotteltjies, uitgebrande sigaretstompies, en vuurhoutjies klim wat die diewe agtergelos het.

Wat flits deur jou gedagtes?

‘n Rekenaar gelaai met kosbare fotoherinneringe en duisende rande se goedere… Wég! En dan word daar ‘n partytjie in jou voertuig gehou!

Help dit om kwaad te raak? Nee.

Help dit om te haat? Nee.

Help dit om soms net so bietjie te sug? Natuurlik doen dit…

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button