Opvolg: Scooters vyf steeds nie vervolg
Die vyf jeugdiges wat daarvan beskuldig word dat hulle die Scooters Pizza afleweraar, mnr. Robbie Msimango, aangerand en beroof het, nog nie weer teen hulle ingestel is nie.
Die saak is op 22 April van die rol geskrap.
Die daaropvolgende Maandag het die polisie gesê die saak is net voorlopig geskrap vir verdere ondersoek.
Mnr. Msimango vrees egter, omdat een van die vyf beskuldigdes se pa ‘n bekende polisieman is, die saak onder die mat ingevee kan word.
“Die saak is beslis nie afgesluit nie,” het kaptein Khanyisile Zwane bevestig.
Mnr. Msimango is met vuiste en ‘n stok aangerand naby ‘n leë erf in Helen Josephstraat, waar die groep mans hom ingewag het.
Daar is vroeër ‘n bestelling geplaas vir vyf groot pizzas en koeldrank wat by ‘n adres in die straat deur mnr. Msimango afgelewer moes word.
Daar gekom, het die jeugdiges na bewering uit die leë erf gehardloop, hom van sy bromponie afgestamp, hom met die vuiste en ‘n stok getakel, en van die pizzas, koeldrank en dag se inkomste beroof.
Opvolg: Scooters pizza saak voorlopig uit hof
Een van die beweerde aanvallers is aan sy motorfiets, wat na bewering gebruik is om van die toneel te vlug, uitgeken, en ‘n week later deur die Guardian groep gearresteer. Liebman Snoer (19) se medebeskuldigdes is na sy arrestasie aangekeer.
Liebman Snoer, Jean Snoer (19), Leonard Kruger (19), Jonathan Swart (22 en Jason Gumley (18), wag steeds om te hoor of hulle verhoor sal word vir aanranding.
Die ondersoekbeampte was egter nie die week beskikbaar om verslag te gee oor vordering met die ondersoek nie, want hy was met verlof.






