Flopsport
•Wie speel met pienk rose op hulle truie? Kan net die Visvoete wees! Verneem betroubaar dit het niks met Moederdsdag te make gehad nie, maar omdat dit ag Mei was.

•So het nog ‘n gala-aand gekom en gegaan met Slaptjips wat praat.
Sê hy daar is spelers met NTR, No Talent Required. Brom een ou vir sy vrou: “Sien jy, dit geld ook in die kombuis”. Later vertel hy van spelers se TEPDS, The Effort People Don’t See. Kap vroutjie terug: “Dis van my waarvan hy daar praat”.
•Slaptjips kwadraat. ‘n Paar manne vir wie akademie nou nie juis nommer een is nie, het hom verloor toe hy begin het met ‘n speler wat kwadraat een is en later kwadraat drie en dan weer kwadraat twee word.
•Mens kry Tolla en dan kry jy Slaptjips. Sy beste poging was toe ‘n Bergie vir hom op Nuweland geskree het: “Slaptjips, Slaptjips!” Hy het geweet om nie te kyk nie, maar kon hom nie inhou nie. Toe hy eintlik oogkontak maak skree die Bergie: “Sub jouself!”
•Sy beste storie is vooraf vertel: Onthale was groot in die ou dae. Wanneer spanne oorsee getoer het, is daar ‘n uithang geleentheid gehou na wedstryde. Wanneer die onthaal verby was, moes ‘n speler die gasheer bedank. Danie Gerber, wat bekend is vir sy gebrek aan Ingels, is gevra om die woord te spreek. Gerber het vorentoe geloop en sy toespraak begin en afgesluit met: “Cheers my Chinas!” (Na sy bedanking kan die Bulle ook nou vir Slaptjips sê: “Cheers my China”).
•Slaptjips, alias Pieter Rossouw, het vertel dat hy en Toks van der Linde op toere altyd ‘n kamer gedeel het. Sê iemand aan die tafel: “Was seker Toks en Tjips”.
•”You can’t buy memories, you have to live them”. Wonder wie sê dit altyd? Moet iemand by Middies wees, want dit is elke tweede leerling se slagspreuk.
•Daar steek glo geen waarheid in die gerugte dat die nuwe rooi bulletjie eintlik die ou bulletjie is wat op steroïede is nie.
•’n Koerantopskrif Sondag met soveel Bokke wat beseer is: “More crock than Bok”.
•Wanneer Kyle Brown die bal aangee vir ‘n Fidjiaan dan moet jy weet dit gaan sleg met die Sewes Bokke.
•Verslind so Kanadees ‘n koeksister! Zane Kruger het die besoekende Kanadese skopboks span op sy plaas gehuisves – “an African experience”, het hy dit genoem. Daar is geskiet, gespeel, gedraf, geboks en geskop. Vrydag vat hy die Kanadese Mbidi toe om met leeus en slange te speel en teen ‘n luiperd resies te hardloop. Oppad terug stop hulle by Damwal Slaghuis. Dit lyk soos ‘n bankroof met kamera’s en selfone wat uitgepluk word om dierkoppe af te neem. Bowan Kruger koop een pakkie koeksisters en deel dit vir die Kanadese uit. Het jy al gesien hoe eet ‘n Kanadees ‘n koeksister? Te Koekig!
•”Let’s get ready to rumbllllllllleee…”. Daar is net een wat soos Michael Buffer ‘n geveg kan aankondig…tot Saterdagaand. Middelburg se Rob Boardman het by die groot skopboks so indruk gemaak, dat die Kanadese hom sommer wou saamvat. Vra Rob in Maart al asof hy by die toernooi sal optree. Hy sê dadelik ja. Saterdagaand daag hy met klomp inligting op oor skopboks en toe word daar te lekker gerumbleeeeeeeeeee…



