Local newsNews

Poefedille? Wat maak die krok in die riooldam?

Vier krokodille leef in Marble Hall se riooldamme, terwyl die krokodille in die Olifantsrivier in die Krugerwildtuin sterf.

’n Oproep vanaf me. Martchen en mnr. Ernst Jansen van Marble Hall ontvang oor vier krokodille wat in die sewe riooldamme van Marble Hall woon.

“Dis net vir ons snaaks en sal ons graag wil weet hoe die krokodille in die riooldamme kan oorleef maar dat daar krokodille is wat sterf in die Olifantsrivier by die Krugerwildtuin,” het me. Jansen gevra.

Mnr. Hannes Botha, herpetoloog van Mpumalanga, ’n reptielkenner wat omsien na krokodille en visspesies in die Mpumalanga omgewing, doen ook veldwerk vir die besoedeling in die Olifantsrivier.

Mnr. Botha vertel dat die riooldamme net rioolwater is wat gesirkuleer word, wat veroorsaak dat die ergste besoedeling op die bodem van die riooldamme gaan lê.

Dus word die krokodille nie direk beïnvloed deur die besoedeling nie, en word die gifstowwe nie deur sy vel opgeneem nie.

Die krokodille staan wel ’n kans om siek te word oor ’n langtermyn deur van die rioolwater te drink.

“Die Olifantsrivier se besoedeling is dus ’n mengsel van besoedeling, soos rou riool wat by die rivier ingestort word, suurwater vanaf die myne, asook industriële besoedeling soos metale wat vanuit die fabrieke gestort word.

Die rioolwater veroorsaak dat alge uitermatig in die rivier groei en word die riviere groen, die wolk van suurwater besoedeling veroorsaak dat die alge sterf en op die bodem van die rivier ontbind, wat suurstoflose water veroorsaak.

Wat dan weer op sy beurt die visse laat sterf en visse bak deur die son op die oppervlak van die rivier wat die vis galserig maak en veroorsaak Pansteatitis in krokodille wat die die visse eet.

Pansteatitis ontsteek die krokodille se liggaam en veroorsaak dat die vet in hul liggaam, wat meestal in hul sterte voorkom, oksideer, die vet in hul liggaam word so hard soos seep.

Dit veroorsaak dat krokodille nie hul sterte kan gebruik om te swem nie, dis ’n vreeslike pynlike siekte, hulle kruip dan uit die water en veroorsaak dit dat hul nie hul tempratuur kan reguleer nie omdat hul nie in die water wil wees nie.

Dit maak dit vir hul moeilik om te jag, en gaan die krokodille dood van blootstelling,” sê mnr. Botha.

Volgens mnr. Jansen oorleef die krokodille in die riooldamme moontlik van voëls, aangesien daar nie visse in die riooldamme voorkom nie.

Mnr. Botha en Die Daller is deur mnr. Jansen na die riooldamme geneem, waar ’n krokodil van ongeveer twee meter lank op die oewer van een van die riooldamme gelê het.

“Die riooldamme se water kan nie te sleg wees nie, want daar is genoeg voëllewe en die krokodil lyk gesond en was nie vuil van die water nie,” het mnr. Botha opgemerk.

Volgens mnr. Botha is die krokodille nie ’n bedreiging vir mense nie, en sal hy voorstel dat die krokodille daar bly, al word die krokodille daar verwyder sal die volgendes, vanaf die rivier ongeveer drie tot vier kilometre vanaf die riooldamme, net weer hulself daar huisves.

“Dis vir my en my vrou ons Sondagmiddag treat om na die krokodille te gaan kyk wat by die riooldamme woon,” sê mnr. Jansen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button