BlogsEditor's choiceOpinion

Flopsport

•Laat weet 'n doktor-pastoor Saterdagaand: "Ons kan dalk Visvoete wees, maar ons het gate". Is dit nou gate, gatte of grate? (Moenie 'n graat van jouself maak nie pastoor).

•Kyk, wanneer selfs die Visvoet ondersteuners opreg simpatie met jou het, dan moet jy weet dit gaan sleg in die Bulkamp.

•Sê een ou stoere Bul: Die ergste Saterdag was om Henning Gericke met sy WP baadjie langs die veld te sien en Vlok Cilliers wat verby Pine draf om die Wiepie te help. Vlok kan nog gaan, want hy was ‘n WP man, maar Gericke het darem self vir Noord-Transvaal gespeel en moet elke week vanaf Pretoria vliegtuig klim om die Visvoete te help. Eina op sy beste.

•Daar word die laaste twee weke erg ondersteuning gewerf vir BL. Nee, dit is nie B@!7seLudik nie, dit is Boikot Loftus. Al is Loftus elke Saterdag leeg sit Barend Vergaan so lekker in sy gestoelte en Ludeke se verskonings is so briljant, niks sal verander nie en so sal Loftus en die Bul net verder vergaan.

•By die Cravenweek was die verskil duidelik. Kevin de Klerk en Rudolph Straueli was daar saam met die jong Leeus. Selfs na die tyd gaan moed inpraat. Waar was die Bulle se belangrike manne? (Seker besig om te besluit in watter belaglike truie die span volgende jaar gaan speel).

•Moenie warrie nie mense, Saterdag wen hulle weer ver teen die kroonlose Kings en is Frans Ludeke die beste afrigter en Pieter Rossouw die beste ding sedert bobotie.

•Lank gelede was daar ‘n Pappa BB, en’n Mamma BB, en ‘n Baba BB. Mamma BB het lekker kos gemaak. Maar die kos was ‘n bietjie warm, en Mamma het gesê: “Kom ons gaan stap in die woud.” Mamma, Pappa en Baba het in die woud gaan stap. En toe kom daar ‘n baie lelike Omie by die BB’s se huis. Hy het gesê: “Wat is dit?” “Dit is ‘n mooi huis.| “Wow! Ek gaan ingaan.” En die lelike Omie het ingegaan, en daar sien hy kos op die tafel, en sê: “Mmm, dit lyk en ruik lekker! En hy vat ‘n lepel, en eet van Pappa BB se kos, en sê: “Uh uh! Lekker!” En hy eet van Mamma BB se kos. En toe eet hy al Baba BB se kos, en sê: “Mmm mmm! Dit is lekker!” As jy geld soek vir paaie (Ellendige tol) vat dit by BB, BelastingBetaler. As jy geld soek vir jou eie vakansieoord (Lees Nkandla): Vat dit by BB, die BelastingBetaler. En nou soek onse Minister van Sports geld vir nog groter sportpartytjies en wil hy kaartjieverkope belas. Vat net by BB! By Pappa, Mamma en Baba BB!

•Slegte nuus vir die minister: Loftus gaan inkomsteloos wees.

•Die Bokke speel Saterdag met slaaptyd. Die enigste manier om wakker te bly is om die oggend met ‘n beespotjie te begin, die middag beesnekpotjie en net so voor sononder weer die vuur aan te steek vir braai. (Pasop net waarmee jy die potjie afsluk, want netnou is die vleis rou en jy gaar).

•Corné Steenkamp het sy 150ste wedstryd vir die Pumas gespeel. Mooi so! Wanneer jy Francois Rossouw se 185 wedstryde vergelyk, besef jy weer watter legende die boerseun wees. En die hartseerste is dat hy altyd met die minste tevrede moes wees. Vergeet die Bells, rig vir daai man ‘n monument op.

•So met kortbroek opgedaag by die onderhoud vir die joernalis pos, al die pad vanaf ‘n wynplaas af. Kortbroek of te nie, Hennie Homann het toe die pos gekry. Na jare se stories skryf en mooi smeek of hy maar Woensdagmiddae kan gaan gholf speel, is hy nou aangestel as die Pumas se mediaman in die plek van ou Jay Jay. Onthou julle nog vir Jay Jay? (Nou hoef jy nie meer te vra vir die gholf nie Hendrik, jy gaan nog naar word daarvan).

•Mediaman, kameraman, koerantman. Lyk of dit werk, want Vrydagaand was hy sommer ook langs die veld om kiekies van die Pumas te neem.

•Oom Gerrie was Saterdag ambassadeur van die Buitelewe Skou. Hy het vriendelik gegroet, geglimlag en beskeie “dankie” gesê as iemand hom oor een van sy skitter drieë gepols het. ‘n Ware ambassadeur vir rugby en skoue. Gerrie? Germishuys man.

•Van Rooi Bul na Leeu. Eers was dit Divan Kapp en Lehan Koekemoer wat Leeus geword het, toe Boeboes Coetzee, twee jaar terug Jano Venter en nou is die ster heelagter, Barend Smit, ook oppad Leeuland toe.

•Zimmmmmmmmmm! in sy dinges in. Een Zim dollar is meer werd as die hele Zimbabwe krieketspan.

•Die Pumas verloor Vrydagaand teen die Haaie, Manchester Saterdagmiddag teen Swansea, die Bulle is prulle teen die WP en laatmiddag duik die Bokke byna in die hek? Nee man, in die dam!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button