Bestanddele
1 Pak Doritos, (ekstra groot)
500g maalvleis en 250g “Bacon bits” of bacon blokkies gesny, saam gebraai.
1 jalapeno (in ringe gesny)
Rooi en geelrissies (Red/yellow peppers) fyn gesny
Tamatie, pitte en sap verwyder, en in klein blokkies gesny
Medium ui in klein blokkies gesny
Gerasperde kaas
Avokadopeer
Metode
Braai uie effens saam met maalvleis en bacon (nie nodig vir sout en peper nie)
Gooi Steakhouse sous by en ’n bietjie gerasperde kaas.
Pak ’n laag Doritos, dan maalvleis/bacon lagie en dan nog ’n laag. Hou bietjie van die maalvleismengsel vir bo-op
Gooi die res van die kaas lekker dik op die Doritos lae gepak, met hier en daar van die maalvleismengsel weer bo-op gepak met avokado sprinkel Steakhouse sous oor
Sit vir paar minute in oond net tot kaas smelt.



