Bestanddele:
1 tot 1½ kg skaapribbetjies, in stukke gekap (of beesvleis)
1kg tamaties (8 middelmatiges) of blikke tamatiepasta verdun met water.
2 middelmatige uie
6 peperkorrels
1e botter
1e meelblom
Sout en peper na smaak (omtrent 2t sout)
2t suiker
4 aartappels
Metode:
Vee die vleis skoon af met ? klam doek.
Skil tamaties en uie en sny in stukkies. Om die tamaties te skil, gooi kokende water oor die tamaties en laat hulle 1 tot 2 minute lank daarin lê. Haal hulle uit en plaas in ’n bak koue water. Trek die skilletjies af met behulp van ? mes.
Braai uie bruin in olie in swaar kastrol.
Voeg vleis by en 1 koppie warm water.
Sit deksel op en stowe vir sowat twee uur tot sag.
Voeg tamaties, aartappels, peperkorrels, suiker, sout en peper by nadat dit ’n uur gestowe het.
Verdik sous met meelblom en gesmelte botter wat saam gemeng is.
Dien op saam met rys.



