LettersOpinion

Goed behandel by hospitaal

Ek was hierdie maand vir vyf dae in Middelburg Hospitaal, saal 15A en het net die beste diens waarvoor mens kan hoop ontvang, van die verpleegpersoneel en die dokters van die hospitaal.

Veronica le Roux: Ek verwys na die artikel “Parkinsons-lyer sterf aaklig” en “Nog ’n mamma en baba sterf”.

Soggens word almal wakker gemaak met ’n koppie tee en ons het drie voedsame maaltye (waarvan twee uit groot porsies vleis bestaan het) gekry.

Saans het ons weer tee gekry.

Ek kan nie glo dat die verpleegpersoneel ’n pasiënt van honger en dors laat sterf het nie.

Wat ek wel op die foto kan sien is dat mnr. Elmo van Dyk ’n siek man was, en ongelukkig sterf mense in hospitale, nie net in Middelburg Hospitaal nie.

Die pasiënte is op gereelde tye gemonitor vir bloeddruk, pols en die wat suikerprobleme gehad het is ook gereeld gemonitor.

Medisyne is op vasgestelde tye uitgedeel en daar is seker gemaak dat pasiënte dit drink.

Die hospitaal is geweldig besig en het nie baie personeel nie, maar ek is dadelik opgeneem.

Daar was voldoende toiletpapier in die hospitaal en jy kon ook jou eie van die huis af gebring het.

Beddegoed waarop gemors is, is dadelik vervang in die saal waar ek was.

Die hospitaal is dalk nie die skoonste hospitaal nie, want personeel en fondse is min, maar daar was elke dag ten minste een skoon badkamer en toilet.

Die geestesversteurdes wat vrylik rondloop, hou geen gevaar vir ander pasiënte in nie, en daar is 24 uur sekuriteit aan diens.

Ek stem saam met dr Philemon Lethlalo dat ek dit ook moeilik glo dat drie skofte se personeel hul rug op mnr. Van Dyk sou draai.

Die verpleegpersoneel werk hard, maar word nie altyd mooi aangespreek nie.

Van die pasiënte dink dat dit ’n hotel is en mens hoor ook nie baie die woorde “asseblief” en “dankie” nie.

Met my ontslag is ek verwys na die psigiatriese en sielkundige afdeling vir verdere behandeling.

Baie dankie aan die personeel van saal 15A wat my versorg het en ook nou aan suster Sannie en die sielkundige wat my behandel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button