School sportSport

Raketswaaiers slaan wenners

Die tennisrakette was behoorlik in Middelburg geswaai tydens die jaarlikse Junior Interdistrikte Tennistoernooi waartydens Wes-Mpumalanga groot welslae behaal het.

• Die o/11-span klop die Laevelders met 22-2, maar buig die knie teen die Hoëveldspan met ‘n naelskraaptelling van 14-10.

• Die o/13-span was onoorwonne en tree uit die stryd as toernooiwenners met wentellings van 15-9 teen die Laeveldspan en 20-4 teen die Hoëvelders.

• Die o/15-span het oortuigend 22-2 gewen teen Laeveld en 17-7 teen Hoëveld om as kampioene gekroon te word.

• Die o/18-span buig die knie met ‘n telling van 13-11 teen die Laeveldspan en ook 13-11 teen die Hoëvelders om uiteindelik derde in die groep te eindig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button