CrimeNewsUpdate

Video: Dalk kriminele klagtes

Kriminele klagtes wag dalk op die jong mans wat vir Dewald Jacobs kort voor sy selfmoord aangerand het.

Videomateriaal wys hoe die mans vir Dewald om die beurt slaan terwyl hy bly sit op die sypaadjie voor Burger Hut.

Daar kan ook duidelik op die video gesien word hoe een van die mans Dewald se selfoon optel en later daarmee wegloop.

Die Middelburg Observer het vertroulik verneem dat die jong mans nou klagtes van aanranding en diefstal in die gesig staar nadat die videomateriaal onder die oë van ‘n staatsaanklaer gekom het.

Een van die jong mans betrokke se Facebookblad is besaai met foto’s van stukkende kneukels, bebloede gesigte en gebalde vuiste.

Dewald Jacobs het selfmoord gepleeg kort nadat hy deur 'n groep jong mans aangerand is.
Dewald Jacobs het selfmoord gepleeg kort nadat hy deur ‘n groep jong mans aangerand is.

Daar is ook verneem dat ‘n ander een vir opsetlike saakbeskadiging gearresteer is, nadat hy verlede week iemand anders se motorfiets by ‘n kroeg beskadig het.

Teen druktyd was daar nog geen amptelike klagtes gelê nie en daarom kan die verdagtes se name nie bekendgemaak word nie.

Vorige berig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

9 Comments

  1. As mense ni tyd het vr iets beters en ou fotos van facebook af haal wat ek saam daai persoon was wat sy hand stukkend geslaan is was laas jaar ga kyk na di datums op di foto voor jul dit plaas en by the way het hy n muur raak geslaan iemand se hand kani so erg lyk na n hou of 2 nie so kry jul feite agtermekaar wat KAK wil veroorsaak spoor eerder di girl op wat di KAK veroorsaak het en di ou wat saam ha was hy is di skuldige een wat altyd KAK maak in di dorp so KRY JUL FEITE REG

  2. En di persoon wat se hu sy foon gesteel hoe kopn hy dan sien di vlg dag toe dewald jacobs selfmoord gepleeg het oorsy giorl en di ander ou en hvl keer het hy ni voorheen selfmoord al probeer pleeg ni nou wil almal di fight as bewyse vi selfmoord???nee mense jul moet rerig begin dink en ophou fantasies soek en begin besef wat aangaan en aan ouers:dios hartseer om n kind te verloor maar ja disi di fight se skuld ni dis di ou wat met dewald se girl weg gestap het se skuld en wat onskuldig da gestaan het op di video

  3. Selfoon:En di persoon wat se hu sy foon gesteel hoe kopn hy dan sien di vlg dag toe dewald jacobs selfmoord gepleeg het oorsy giorl en di ander ou en hvl keer het hy ni voorheen selfmoord al probeer pleeg ni nou wil almal di fight as bewyse vi selfmoord???nee mense jul moet rerig begin dink en ophou fantasies soek en begin besef wat aangaan en aan ouers:Dios hartseer om n kind te verloor maar ja disi di fight se skuld ni dis di ou wat met dewald se girl weg gestap het se skuld en wat onskuldig da gestaan het op di video

  4. Di datum wat di foto op facebook gesit is was 29 januarie 2014 so hoe kan hul se dit was met di fight gewees nm mens kani datum verander op facebook ni so hou op kak soek en kry jul feite agter mekaar

  5. Ek Kan nie glo hoe die Jong “KINDERS” (want net Kinderagtige Mense wat so optree) deesdae optree nie.. Het julle ouers julle nie mooi groot gemaak ne???!! Dis Barbaars van julle om dt te moes doen.. Kry maniere! Geen meisie is dt werd nie.. Ek geen ne om wie saam was of nie.. Julle kon dit gekeer het.. Maar eerder sal julle Kinders staan en kyk as om hom te help! Vieslik man…!

  6. Weet jy dit maak my so kwaad,dai kind het niks gedoen nie,maar gesit en die houe gevat soos n man,terwyl hy verneder word voor almal,en die dame wat als veroorsaak het staan net daar sm ha wooligans,barbare,gemors van die samelewing,het hle aan sy ouers gedink en nou nog die pyn van n liefdevolle seun,broer en iemand met n hart,iemand wie se glimlag en woorde hle nooit weer gn sien nie,want hy te seer binne hom gehad om voort te gn,dis hard om n kind/ders te verloor,ons weet watse pyne is dit,jou hart nooit meer dieselfde nie en jy as mens ook nie…

  7. Bring terug die doodstraf! Hier is al genoeg geweld in ons land! Slapgatte hoort agter tralies! Sies vir julle jongetjie rammetjie uitnekke!

  8. dalk het die man n miderwaardigheids kompleks. “Big in the hands. Small in the pants” Hulle moet die ma en pa van die seun wat geslaan het bl!&#em. hulle het n gagga job gedoen toe hulle hom groot gemaak het

Back to top button