EntertainmentLifestyle
Park Run spring weg…
Meer as 150 drawwers het die eerste Park Run by Glen Cullen suksesvol kafgedraf.
En met Bruce Fordyce daar, het van die deelnemers daai tikkie ekstra ingesit om die Comradeslegende te wys waar Middelburgers hul drafwortels begrawe het.
Dié gratis pretdraf is ‘n weeklikse instelling en jy kan enige tyd op www.parkrun.co.za registreer. Jou tyd en posisie word bykans onmiddellik na jou e-posadres gestuur.
• Arthur Thobela was Saterdag eerste by die eindpunt in ‘n tyd van 19:27min. Fordyce was ook eerste in sy kategorie met ‘n tyd van 23:56. Tracy Rankin is die eerste vrou met ‘n tyd van 24:15 min.



