LettersOpinion

Ons kan niks meer doen nie

Charlie Machia: As ek so lees van oom David van den Berg, wat die helfde van sy oes verloor het oor mense dit gesteel het, dan raak my hart baie seer. Hulle het vir Johan Ligthelm onderstebo gesteel en nou gaan sy buurman, Oom David, ook onder.

Oom David koop kunsmis, gif, saad, diesel en hy werk hard om die mielies te plant. Die mense wat dit steel kry dit verniet, so hulle gaan baie meer geld uit daai mielies maak as wat Oom David ooit sou kry as hy dit self verkoop het, want hulle hoef niks te gekoop het nie.

As dit so aangaan, is daar more soos met Johan Ligthelm, ook nie meer ’n David van den Berg nie, dan sal dit weer sy buurman se beurt wees.

As jy gaan kyk in die dorp is daar honderde mense wat groenmielies op straat verkoop. Waar kry hulle daai mielies? Ek is jammer vir Oom David maar ek dink hulle het daai mielies lankal begin steel, toe hulle nog groen was.

Die boere het groot moeilikheid met Somapepa. Hulle gaan aanhou steel tot die mense om hulle die grond los. Wat gaan ons doen? Ons kan niks doen nie. Wat het die polisie gemaak toe Johan Ligthelm besteel is? Niks nie.

As ek op die Stoffbergpad ry dan word my hart so seer. Die gras daar by die perskebome is so hoog dat ’n blouwildebees daar sal kan loop en jy sal hom nie sien nie. Daar is niks meer vrugte nie. Ek is baie hartseer want dit is baie harde werk wat die boere insit, net sodat ander mense dit verniet kan vat.

Ons kan maar net pleit – moenie die goed steel nie. Mense moet leer van harde werk, om kos en goed vir hulle kinders op die tafel te sit. Want wat gaan gebeur as hulle alles gevat het? Wat word dan van ons en van hulle?

Ek is baie jammer vir Oom David, maar daar is niks wat ons meer kan doen nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button