Opinion

My Beurt

Vandag skryf ek in my moedertaal. En voor jy daaraan dink om jou rassistiese perdjie op te saal, wil ek net helderheid gee: nie die Afrikaner se taal nie en ook nie die verdrukker se taal nie, maar dood eenvoudig een van die Suid-Afrikaner se tale.

Ek het Afrikaans studeer en toe ons besig is met die geskiedenis van Afrikaans, was ek verbaas om te ontdek dat Afrikaans toe nou nie die Boere se taal is soos beide swart en wit ons al die jare laat glo het nie, maar die bruinmense se taal is.

Al die onluste oor Afrikaans en die onderwys het my toe bietjie laat dink om net ‘n paar feite oor Afrikaans en haar mense te skrywe om sodoende in te lig, want kennis kan brûe bou – nie brûe afbreek soos die dwaas se geweld nie.

• Afrikaans is ‘n inheemse taal. Dit is immers na die kontinent vernoem en word nêrens anders in die wêreld as amptelike taal gebruik nie – anders as Engels wat ‘n koloniale en Europese taal is.

• Daar is ongeveer 24 miljoen mense buite die kontinent wat Afrikaans kan verstaan – dit geld nie vir een van die ander inheemse tale nie.

• Afrikaans is een van slegs vyf tale (Hebreeus, Katalaans, Indonesies en Hindi) wat tot die hoogste vlak (met ander woorde formeel en akademies) ontwikkel het in die twintigste eeu en word by talle universiteit in lande soos Rusland, Poland, Amerika, België, ens. aangebied – waarom dan nie in haar eie land se universiteite en skole nie?

• Van die 6,8 Miljoen Afrikaanssprekendes in die land, is slegs 2,7 miljoen wit: 50% is bruin, 40% wit, 9% swart en 1% kom uit ander groepe. Dus is 60% van die Afrikaanssprekendes nie wit nie.

• Afrikaans is naas Zoeloe en Xhosa die derde grootste taal in die land en slegs 9,6% van Suid-Afrikaners gebruik Engels as hul moedertaal.

• Daar is 7 000 tale in die wêreld en Afrikaans is die 140ste grootste taal in die wêreld.

Hierdie is maar net ‘n paar feite oor Afrikaans en daar is nog vele inligting wat gerieflik versteek word vir die publiek.

Waarom word Afrikaans, die taal van die bruinmense wat ook deur Apartheid te nagekom is en ‘n inheemse taal is, gestraf? Waarom dan nie Engels, die taal waarin slawehandel en kolonialisme in Afrika plaasgevind nie, of Duits, die Nazi-taal of Russies of selfs Zoeloe nie?

Chris Barnard het gesê dat as Engels die oorhand in Suid-Afrika kry, sal meer as net Afrikaans in die slag bly, want tien inheemse tale sal verdwyn en die enigste uitheemse taal, Engels, sal bly.

En net om te wys dat Afrikaanssprekendes nie anti-Engels is nie, sluit ek af met my eie kommentaar oor die politici (en ook hulle blinde volgelinge) en hulle idee van taal in Engels: If only they fought for education in South African languages, home languages and not for education in the only colonial language, it would have been easier to believe that their struggle had no racist agenda. It should not be about race or language or culture or anything else but the well being and future of the children (which means all children).

Amandla. Awethu.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button