Bestanddele:
800g blik gekapte tamaties
2e loperige heuning
sout en varsgemaalde swartpeper
410g blik cannellini-bone, gedreineer en afgespoel
400g nierbone, gedreineer en afgespoel
200g blik heelpitmielies, gedreineer
1 rooi ui, fyngekap
8 klein mielie-taco’s
guacamole, vir opdiening
’n groot hand vol pietersielieblare, gekap
Metode:
Braai ’n bietjie hoendermaalvleis en roer dit by stap twee by die mengsel as jy vleis by die gereg wil voeg.
Plaas die gekapte tamaties saam met die heuning en genoeg geurmiddels in ’n medium pot. Bring tot kookpunt en prut vir sowat agt minute of tot verdik.
Roer al die soorte bone, die mielies, rooi-uie en van die geurmiddels by. Verhit en toets vir geur.
Verhit die taco-doppe volgens die aanwysings op die verpakking.
Plaas die bonemengsel, taco’s, guacamole en pietersiele in aparte bakke, neem dit tafel toe en laat elkeen homself help.



