LettersOpinion

Whats cooking?

Elbie de Lange (Meyersbrug VLU) se Lekker Kerrieresep.

Benodigdhede

1kg Vleis (maalvleis of blokkiesvleis)

250g uie, fyngekerf

125g aartappels in fyn blokkies gesny

125 tamaties, ontvel en opgesny

125 ingelegde appelkose opgesny

25ml matige kerrie (of soos verkies)

10ml borrie

1ml gemmer

2.5ml peper

15ml sout

125ml asyn

25ml appelkooskonfyt

25ml suiker

25ml mielieblom

Metode

Braai uie totdat dit byna gaar is en gooi kerrie en gemmer by.

Voeg vleis by en braai tot verbruin.

Voeg die aartappels, tamaties, ingelegde appelkose, sout en peper by.

Stowe tot gaar.

Meng die borrie, asyn, appelkooskonfyt, suiker en mielieblom met water.

Voeg by vleis by en stowe nog ’n rukkie.

Verwyder van die stoof. Dit mag glad nie aanbrand nie, dan is die hele gereg verbrou.

Hierdie gereg is heerlik saam met rys, pasta of as pannekoekvulsel.

• Dit is opsioneel om die aartappels, tamaties of geblikte appelkose by te voeg. Elkeen gee ’n ander smaak aan die gereg.

• Dit kan ook gevries word.

Elbie de Lange.
Elbie de Lange.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button