LettersOpinion

Tyd begin vlieg…

Kobus Terblanche: Soos mens lank in die tand raak (dis nou oud raak vir die jonges wat nie weet nie) begin tyd vlieg.

Vlieg, omdat dit al hoe kosbaarder word. Kosbaar omdat tyd vir jou al hoe minder word. En dan begin jy wonder wat die beste manier is om jou tyd deur te bring.

Begin jy spekuleer oor wat kwaliteit tyd beteken. Jy is aangenaam verras as jou familie en vriende reken dis onder andere om tyd saam met geliefdes te deel.

Vis te vang saam met jou kinders. Te skubaduik. Om ’n sonsopkoms te aanskou. ’n Koppie tee, of nog beter ’n glasie wyn, saam met vriende te geniet. Niemand reken dis slenter deur ’n Mall nie!

My 2015 wens vir my mede-Middelburgers is dat hulle sal besin oor die kwaliteit tyd hulle gegun. Moenie tyd mors nie. Dink uit die boks, doen vanjaar die ding waaroor jy nog altyd net gedroom het! Jou en my dae, die tyd wat ons oor het, mag minder wees as wat ons besef!

Hou in gedagte die ou gediggie:

We squander health in search of wealth.

We scheme we toil we save

Then squander wealth in search of health

And all we get is a grave.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button