Neefs verongeluk
Twee neefs, Abrie (44, van Groblersdal) en Robert Bezuidenhout (47, van Centurion), is verlede Vrydagoggend dood aangetref in ’n BMW op die Schoemanpad tussen Groblersdal en Marble Hall.

Volgens mnr. Johan Grobler, Abrie Bezuidenhout se swaer, is hulle nie seker waarheen die twee neefs oppad was nie, maar dit kom voor dat hulle in die rigting van Marble Hall gery het.
Mnr. Grobler het gesê dat die ongeluk klaarblyklik na middernag plaasgevind het.
Die familie het gesukkel om die neefs in die hande te kry. Mnr. Grobler het Vrydag besluit het om te gaan navrae doen by Groblersdal polisie. Hulle het vir hom gesê het dat sy swaer se identiteitsdokument op die Schoemanpad opgetel is.
Mnr. Grobler het vertel dat hy en sy vrou, Lizhette, toe gery en gaan soek het na haar broer en neef. Hulle het klere langs die pad sien lê waarna me. Grobler om 10:00 op die BMW afgekom het. Dit het in ’n gat langs die pad gelê. “Mens kon nie die kar sien lê het van die pad af nie,” het mnr. Grobler gesê.
Volgens mnr. Grobler het die BMW aan mnr. Robert Bezuidenhout behoort, alhoewel dit vir hulle voorkom of mnr. Abrie Bezuidenhout dalk bestuur het.
“Albei die neefs het hulle veiligheidsgordels gedra,” het mnr. Grobler gesê. Mnr. Grobler het gesê dat albei die mans aan veelvuldige beserings beswyk het.
Mnr. Grobler het vertel dat hulle verskeie gerugte gehoor het wat lei dat ’n vragmotor ook in die ongeluk betrokke was, maar hulle kon dit nie bevestig nie. Hy versoek dat enige een met inligting hom kontak by 071 226 0749.
A/o Stanley Magaela het gesê dat die ondersoek getoon het dat die bestuurder beheer verloor het oor die motor waarna dit gerol het. Die polisie ondersoek tans ’n saak van strafbare manslag.
Mnr. Abrie Bezuidenhout word oorleef deur sy vrou, Elize, dogter, Alicha en seun, Zandré. Mnr. Robert Bezuidenhout word oorleef deur sy seun, Zander.







Wil net se sterkte mense. Dai pad is gevaarlik met die vragmotors taxis en selfs die mense met hul luukse motors en bakkies hulle druk jou doodeenvoudig om vinniger te ry of te gee pad van die pad af ek ry die pad elke dag na my kleinseun se skool toe
Rus in vrede julle twee!