VIDEO: Nostalgie by reünie
Met krom skouers, trots geklee in 'n Suidoos-Transvaal skeidsregters trui, het oom Eddie Lategan by die deur gaan staan en oor die saal getuur, waar koerantuitknipsels vanaf 1970 tot 1990 opgesit was.
“Is Manie le Roux hier?” het hy opgewonde gevra.
“Nee oom, hy is al dood”. Hy het eers weggekyk en toe weer gevra: “Is Gert Meyer hier?” “Nee oom, hy is al dood”. En net daar ruk sy skouers en die trane loop.
Dit was ‘n aand van nostalgie, weersien, lekkerlag en staaltjies uitruil, toe oud-rugbyspelers van Witbank, Middelburg en Belfast Rugbyklubs, by Pienaardam bymekaar gekom het.
Daar was die man met die giftige haakvoet Richard Cooke, die sterke derduiwels Fanie Vermaak, Julius Weber en Nan Broekman, Schalk Breytenbach wat in 1971 vir Suidoos-Transvaal teen die Poemas senter gespeel het, die langeraad en Bokslot Krynauw Otto, pa Daan en broer Johan, Bokslot Johan Spies, Suidoos kapteins Hennie Coetzee, Charl Weideman, Hendry van Tonder, Piet Craven en Menanteau Serfontein en o, ja, Kat Smit.
Nadat ‘n ererol gewys is het meer name opgeduik van spelers wat nie meer hier is nie en Ben Snyman het met ‘n veraf trek in sy oë gesê “my broer is op daai rol, hy het in die see verdrink”.
Mnr. Gerrie Gerrits wat jare lank op die Middelburg Rugbyklub en Suidoos-Transvaal se bestuur gedien het, het die aand as “onbeskryflik” beskryf.
‘n Spesiale boodskap van Kobus Vorster is voorgelees wat die oudspelers na die tyd spontaan laat opstaan het om hande te klap.
Kobus, wat vleuel gespeel het vir Middelburg en Witbank, het motorneuron siekte.
Vir die volledige boodskap kyk hier:




























Hi! Hallo! Do anybody at top-tv HEAR me! I faxed you, I celald you, But no replay to my call for help. I got the hole top-tv package from my mother as a gift. NOW I know why she give it away! She had Top-tv for a hole month every thing were setup but she could not watch Top-tv the only thing you see on the screen was this ( This card is not Authorised )Once I had TV 1, TV 2, TV 3 and TV 4 But now I’m looking at my Fishbowl and get to know my fish better as I still don’t have anything els to look at, so Please HELP me before I start to talk fish!!!!!