Editor's noteLettersLocal newsNewsOpinion

Kobus se boodskap

Hallo my Maters, Wat sou ek nie wou gee om vanaand Ek koester my rugbydae en droom nou nog gereeld dat ek weer op die veld rond hardloop met ’n bal onder die arm. Lekker!

Wat ek nie sou gee om saam met julle te kon kuier en goeie herinneringe met julle te kon deel nie?

Ek het beide vir Middelburg en Witbank gespeel en een ding wat hul in gemeen gehad het was ’n heilige vrees en respek vir die manne van Belfast! Menige held het geval daar tussen die bome op ’n koue wintersdag.

Die Middelburg – Witbank derbys het ook sy kwota slagoffers opgelewer en daarvan kan ek persoonlik getuig. In elk geval, die deel wat ek onthou.

Ek koester my rugbydae en droom nou nog gereeld dat ek weer op die veld rond hardloop met n bal onder die arm. Lekker!

Alhoewel ek vandag geestelik op ’n goeie plek is, was dit nie so drie en ’n half jaar gelede toe ek met Motor Neuron Siekte gediagnoseer is nie. Inteendeel, ek het baie onbeantwoorde vrae gehad en was verpletterd, dat ek nou ’n siekte moes kry waarvoor daar geen genesing is nie!

Ek het onwillekeurig aan Jesus se woorde gedink in die gelykenis waar twee mense elkeen ’n huis gebou het.

Een het op sand gebou en die ander op rots. Ons weet wat elke huis simboliseer, maar wat ons nie raaksien nie is dat die storms ook teen huis op die rots gewoed het, maar dat hy bly staan het!

Ek is nie so spesiaal dat ek die storms gespaar sal bly nie. Tog het ek baie om voor dankbaar te wees, soos die moderne tegnologie wat dit moontlik maak om hierdie briefie aan julle te skryf.

Die siekte sny motoriese kommunikasie tussen jou brein en die res van jou liggaam af, maar jou verstand en sintuie bly normaal. Jy raak dus stadig heeltemal verlam met die veskil dat jy ook nie kan praat nie!

Wreed?

Ek dink nie so nie, want ek ervaar geen pyn nie.

Verdien ek dit?

Nee, beslis nie! Ek verdien baie erger! My Redder het dit wat ek verdien in my plek verdra…..onskuldig.

Vriende, indien ek iets by julle mag los vanaand is dit om nie ’n tè hoë premie op die aardse lewe te plaas nie, want dit maar ’n fraksie van waar jy die ewigheid gaan deurbring.

Shalom tot ons weer ontmoet

Kobus.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button