‘Leeuwyfie’ is vry
Sy het Donderdag vir die eerste keer in 20 maande met haar ongeboeide voete oor haar plaashuisdrumpel getrap. Haar eerste stop nadat sy omstreeks 15:00 op borg van R5000 vrygelaat is, was die Middelburg Observer waar sy ‘n koue Coke geniet het. Dit was duidelik dat Cornelia oorweldig was met die skielike vryheid wat haar …
Sy het Donderdag vir die eerste keer in 20 maande met haar ongeboeide voete oor haar plaashuisdrumpel getrap.
Haar eerste stop nadat sy omstreeks 15:00 op borg van R5000 vrygelaat is, was die Middelburg Observer waar sy ‘n koue Coke geniet het.
Dit was duidelik dat Cornelia oorweldig was met die skielike vryheid wat haar toegestaan is deur die Pretoriase Hooggeregshof, waar sy appèl aangeteken het teen haar drie onsuksesvolle borgaansoeke in die Carolina Streekhof.
Cornelia, wat landwyd afgemaak is as ‘n patologiese leuenaar sê, “die waarheid sal nou uit”.
Sy verwys na haar betrokkenheid by allerlei planne, as lid van die verregse groep Leeuwag, om ‘n staatsgreep en talle sluipmoorde uit te voer.
Haar bewerings dat sy en van haar Leeuwag trawante vir Marthella Steenkamp verkrag en saam haar ouers in Griekwastad vermoor het vir R100 000, is landwyd afgelag en voorgehou as ‘n oorgretige aptyt vir mediablootstelling.
Sy wou Donderdag nie uitwei oor al die gate in haar vele stories van sameswerings, moord, terrorisme en hoogverraad nie.
Hoewel sy nie kon ophou glimlag nie, was dit duidelik dat sy vir die eerste maal in maande ‘n tekort aan woorde gehad het.
Sy het die week gesê haar kinders is “oor die maan” omdat sy tuis is.
“Ek het soveel gemis, verjaardae, sportdae, prysuitdelings, vir twee jaar was ek ‘n tronkvoël nie ‘n ma nie,” sê Cornelia.
Nou’s sy voëlvry maar mag nie sonder toestemming die Carolina distrik verlaat nie en ook nie kontak maak met enige staatsgetuies nie.
Volgens die hofbevel kan die Carolina hof egter verskeie voorwaardes aan haar stel tydens haar opvolg verskynings vir die besit van onwettige ammunisie en plofstof in Carolina.
Cornelia sê haar kinders kry die swaarste omdat daar steeds ‘n swaard van tronkstraf oor haar kop hang, hoewel selfs die hof nou begin hard praat met die polisie wat reeds 38 klagtes van die 40 wat teen haar gebring is, teruggetrek het.
Daar is ‘n Bevery Cornelia de Wet webblad wat kort na haar inhegtenisname gestig is en haar R5000 borg is deur ‘n onbekende Kapenaar betaal.
Haar kinders en ouers staan bankvas agter haar en moes die afgelope paar maande hard op hulle tande kners oor Cornelia se vernedering in die hof waar sy elke keer swaar geboei moes verskyn.
Oor die feit dat sy haar vryheid te danke het aan ‘n swart prokureur, swart advokaat en swart regter, sê sy net: “Hulle is beter as die wittes!”.
gerhard@mobserver.co.za




Think you make a big mistake to give her bail. She start with her nonsence on fb with the Carolina people while she was in jail. She will never change.