Local newsNews

Vrou kry lisensie met kunsbeen

Sy het boonop ook ‘n motorfietslisensie! Me. Vosges het verlede week haar kode 10 lisensie gekry – die eerste vrou in Middelburg volgens toetsbeamptes wat ‘n kode 10 lisensie kry met ‘n kunsbeen. Sy is ‘n vrywillige helper by die CMR en laai drie keer per week kinders op en af vir die CMR se …

Sy het boonop ook ‘n motorfietslisensie!

Me. Vosges het verlede week haar kode 10 lisensie gekry – die eerste vrou in Middelburg volgens toetsbeamptes wat ‘n kode 10 lisensie kry met ‘n kunsbeen.

Sy is ‘n vrywillige helper by die CMR en laai drie keer per week kinders op en af vir die CMR se kleuterskoolgroepie, Saailand (by Little Elephant).

Me. Vosges het gaan aanklop by Klopper Bestuurskool waar mnr. Damian Klopper haar met slegs drie lesse touwys gemaak het met ‘n platbak trokkie.

Kort daarna het sy gegaan vir die lisensie en dit sommer die eerste keer geslaag!

•Me. Vosges was in 1983 in ‘n motorfietsongeluk en het ‘n ernstige besering aan haar linkerbeen opgedoen.

In 1991 is die been onder die knie geamputeer en sy dra sedertdien ‘n kunsbeen.

Brandon Ortopediese Dienste het onlangs vir haar ‘n nuwe been geskenk wat baie gemakliker en ligter is, waarmee sy ook baie gemaklik kan bestuur.

•Sy wil graag vir Klopper Bestuurskool, asook Brandon Ortopediese Dienste bedank vir hul hulp en bystand.

daleen@mobserver.co.za

 

Kuns## (LL ZN)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button