Verdagte in tuin gevang

'n Verdagte is Donderdagoggend deur lede van ADT in 'n erf in Emeraldstraat (Uitbreiding 18) gevang, nadat 'n deur en vensterrame in die omgewing gesteel is.

Volgens me. Judith Saunders het die booswig in haar tuin weggekruip en is later daar gevind deur lede van ADT wat opsoek was na die persoon wat die deur en vensterrame gesteel het.

Hulle het omstreeks 09:10 die polisie gebel om die verdagte te kom haal, maar toe hulle teen 10:30 nog nie daar was nie, het lede van Middelburg 911 Zello, die man self na die polisiestasie toe geneem.

• Die verdagte het homself geïdentifiseer as Andrew Willemse. Sy identiteit kon teen druktyd nog nie bevestig word nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button