Local newsNews

Video: MHS vs HTS geesvang!

Daar was nou nie ’n rooi helikopter nie, daar was ’n Rooi Bul wat platgeduik is en daar was gees, sommer baie gees!

Die 2015 Classic Clash was een van die bestes wat die dorp nog gesien het met asemrowende optogte deur die strate Vrydag, balonne Saterdag, meisies wat hemelhoog in groen opgeslinger word in akrobatiese asembenewende toertjies, die mooiste sang en ’n wedstryd wat die nuwe Mad Max film na Sneeuwitjie laat lyk, aksie by die minuut.

Na die tyd het die seuns wat hulle harte uitgespeel het saam geglimlag vir ’n foto en Sondagoggend het die Rooi en Groen ouers wat die vorige dag nog vyande was

langs mekaar in die kerk gesit.

Middelburg kan trots wees op twee puik skole!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button