EntertainmentLifestyle
Braaihoender, pap en sous
Die Verenigde Gereformeerde Kerk Nasaret hou die komende naweek 'n insamelingsveldtog vir twee Kaapse sendelinge, om die evangelie landwyd te versprei.
Die twee sendelinge, Gavin Links en Nico Titus van die Betel-uitreik, sal tydens Saterdag se hoenderbraai by die kerk wees om ondersteuners toe te spreek.
Die hoenderbraai begin om 09:00 by die kerk in Carnarvonstraat tot laat.
Kostes vir die heerlike hoenderete, met pap en sous, beloop R50 per persoon.
In dié geval is dit hoe meer siele, hoe meer siele kan gered word, en hoe meer vreugde!
Ondersteun gerus die poging op die dag, of bel Nico by 076 484 7075 oor hoe jy betrokke kan raak by die uitbou van die evangelie.



