Local newsNewsUpdate

Man hang hom in sel

Mnr. Pienaar John Mills (36), het homself die naweek met die bindkoord van sy sweetpakbroek opgehang, nadat hy gearresteer is omdat hy na bewering haarstryker by Shoprite gesteel het.

Die polisie het bevestig dat mnr. Mills saam met ander gevangenes toegesluit was ten tye van sy dood.

Húlle het Saterdagmore alarm gemaak toe hulle mnr. Mills se liggaam in die selbadkamer se stort aangetref het.

‘n Nadoodse ondersoek is Dinsdag gehou, maar die uitslag is nog nie aan die familie bekendgemaak nie.

Die polisie het Woensdag bevestig dat selfmoord ondersoek word.

‘n Familielid het Woensdag gesê dat alle tekens daarop dui dat dit wel ‘n selfmoord was.

Sy susters wou op dié stadium nie met die koerant praat nie.

Mnr. Mills word Vrydag om 11:00 vanuit die Corpus Christi kerk in Aerorand ter ruste gelê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button