School sportSport
Middies bult atletiekspiere
Middies se atlete is reeds vroeg-vroeg besig om spiere op die baan en veld te bult. Hulle het aan die JJJ-byeenkoms by Hoërskool Rob Ferreira deelgeneem en sien uit na 'n opwindende 2015-seisoen.
‘n Paar van die kookwaterprestasies is as volg:
• Lebogang Maloka en Jaco Jacobsz verbeter die 2x200m rekord na ‘n blitsige 45.02s.
• Jaco Jacobsz wen die seuns 19 jaar 400m met ‘n tyd van 51.07s.
• Beste hekkietrofee junior seuns behoort aan Coenraad Visser.
• Beste naelloper senior seuns en Victor Ludorum: Lebogang Maloka.
• Tydens die Sweedse aflosse breek die Middies seuns- en dogtersspanne ook elk die wennerslint.
Seunspan: Unati Poyo, Lebogang Maloka, Barned Ditle, Jaco Jacobsz.
Dogterspan: Jomari Stronkhorst, Larissa de Jager, Somey Uys, Naomi Martin.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



