Rooibokkies afgeslag in Dennesig-veld
Net die koppe, pens en pootjies het oorgebly van twee jong rooibokkies wat die naweek in die veld langs Harry Gwalastraat in Dennesig afgeslag is.
Daar word vermoed dat die bokkies moontlik op Botshabelo gestroop, en toe daar afgeslag is.
Mnr. Frans van Dyk, wat in Harry Gwalastraat bly sê hy en sy seun het Sondag daar rondgery op soek na mooi stompe van bome wat afgesaag is om plek te maak vir die nuwe behuisingsprojek wat eersdaags daar sal afskop.
Hy het op die ingewande en afval afgekom, tydens sy soektog vir ‘n stomp om sy tuin te verfraai.
Die hele area, waar die munisipaliteit ook besig is om ‘n aflaaiplek vir tuinvullis op te rig, lê besaai met huis- en bourommel wat inwoners daagliks daar gaan stort.
Die oorskot was nog vars wat die vermoede laat dat die slagting dalk Saterdag in die donker plaasgevind het.



