School sportSport
Groenblitse wen beker
Middies se sewesblitse het die Merensky Save the Rhino-sewestoernooi in Tzaneen gewen.
Bennie Mashabane het nie net met die speler-van-die-wedstryd-toekenning in die finaal weggestap nie, maar is ook as die speler van die toernooi aangewys.
• Uitslae (MHS se tellings eerste):
24-19 teen Montana (die span het ‘n agterstand van 7-19 uitgewis).
49-7 teen Wonderboom
0-7 teen Die Anker (eindig steeds eerste in groep)
43-12 teen Heidelberg Volkskool (halfeindstryd)
29-12 teen Die Anker (bekereindstryd)
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



