Local sportSport

Nando’s kry Morokko-speserye

Jaco (Nando's) van Niekerk en sy Suid-Afrikaanse rolstoelbasketbal-spanmaats was by die IWB-toernooi in Morokko in aksie.

Die jong Suid-Afrikaners het teen lande soos die gasheerland, Algerië (Afrika se nommer een), Egipte, Spanje, Italië en Turkye kragte gemeet.

Met sy oorsese ervaring was Van Niekerk een van die meer ervare spelers in die span en het ‘n paar sleutelvertonings gelewer.

Die Suid-Afrikaners het eers vir Morokko B 54-34 ore aangesit, voor hulle ‘n kanniedoodvertoning teen Algerië in die halfeindstryd gelewer het.

Hoewel hulle 41-49 die knie moes buig, was dit ‘n sterk vertoning teen die kontinent se bestes.

• Van Niekerk is ‘n oud-leerling van HTS Middelburg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button