Local newsNews

Probeer skilpad vir R2 000 verkoop

’n Motoris is hierdie week by ’n verkeerslig voorgekeer en gevra of sy nie ’n skilpad vir R2 000 wil koop nie!

Die vrou het dadelik onraad vermoed en lede van die Gemeenskapspolisiëringsforum gekontak, wat die booswigte agterna gesit en die waterskilpad in die veld agter die Middelburg Mall in ’n krat gevind het.

Mnr. Bernard van der Berg (lid van die GPF en voorsitter, DBV-komitee) sê dit is onwettig om skilpaaie aan te hou of te probeer verkwansel.

•Die waterskilpad is dieselfde dag in ’n veilige area losgelaat.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button