Local newsNews

Bejaarde se kop oopgekloof toe betreder hom aanval

'n Bejaarde is oor die kop geslaan toe hy betreders op heterdaad betrap het.

‘n Bejaarde is oor die kop geslaan toe hy betreders op heterdaad betrap het.

Mnr. Robert Jackson (76) moes steke in sy kop kry nadat hy omstreeks 03:45 vanoggend by sy woonstel in ‘n erf in Oossstraat (Middelburg Suid) aangeval is.

Hy het wakker geword van ‘n geluid by sy venster en is na buite. Die oomblik toe hy die deur oopmaak, het hy ‘n booswig gesien wat probeer om die venster oop te forseer en hy het vir hom gevra: “What are you doing.”

Die betreder het geskrik, omgespring en agter oor die muur gespring.

Mnr. Jackson wou net terugdraai om weer by die huis in te gaan, toe hy van die kant af oor die kop geslaan word.

Terwyl hy gesukkel het om tot verhaal te kom, het die aanvaller ook oor die muur gespring.

Mnr. Jackson is na die Life Midmed Hospitaal geneem waar die wond met steke geheg moes word,

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button