EntertainmentLifestyleLocal newsNews
Video: Donkie gebore tydens ongeluk
Met die impak wat ’n bakkie ’n donkiemerrie getref het, is haar donkiebaba gebore.

Hierdie hartseer verhaal het ’n gelukkige einde gehad, want al het die merrie gevrek, kon haar baba gered word en slaap dié knapie nou elke aand snoesig langs Marius en Fransie van der Westhuizen se bed.
• Lees meer in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer oor dié oulike donkie wat nie net nou hans grootgemaak word nie, maar ook spog met ’n dubbele naam!













