Local newsNews
Liggaam op stoep gevind
Die liggaam van 'n man is Maandag deur die polisie gevind, waar hy homself gehang het op die plaas waar hy gehuur het.
Mnr. Pieter de Beer (44) het homself vermoedelik reeds Sondag op die stoep van sy huurhuis gehang.
Die plaasbestuurder het op sy liggaam afgekom. Die polisie is omstreeks 10:00 Maandag na Roodepoortplaas op die ou Belfastpad ontbied.
Mnr. De Beer laat ‘n dogter agter wat by haar ma op Rustenburg woon.
• Mnr. De Beer se familie wou nie met die Observer praat oor die voorval nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



