Local newsNews

Hospitaal beskuldig van kontrakbreuk

Die bouery by Midmed Hospitaal is reeds 'n geruime ruk gestaak nadat bouers die gereedskap neergelê het.

Die multi-miljoen rand uitbreiding staan weens ‘n dispuut tussen WF Kroon Housing en die hospitaal, wat die bouers van die perseel afgesit het.

WF Kroon is al die afgelope drie maande onder besigheidsredding en hul advokaat, mnr. Jorg Frese, van Frese, Moll en Vennote, sê die Life groep, het onwettig opgetree deur WF Kroon die trekpas te gee.

Volgens adv. Frese het al WF Kroon se krediteure ingestem tot die besigheidsreddingsplan, en het die Life groep as sulks, ook ingestem dat die kontrakteur die projek voltooi.

Adv. Frese sê die enigste rede waarom WF Kroon van die projek afgesit is, is omdat hulle vyf dae buite die bouskedule was, maar hy sê dat die dae opgevang kon word, omdat die projek nog nie naastenby naby die kontraktuele spertyd is nie.

Hy sê ook dat die rompslomp nie alleenlik voor die deur van WF Kroon geplaas kan word nie, omdat oponthoude deur die hospitaal self veroorsaak is met uitstaande ontwerpe en bouvoorstellings.

Die saak gaan egter beslis nie daar gelaat word nie en adv. Frese gaan hom nou beroep op WF Kroon se reg tot arbitrasie.

“Ons gaan beslis die verliese wat deur WF Kroon met die kansellasie van die kontrak van Life Health verhaal,” sê adv. Frese.

Die hospitaal en sy hoofkantoor wou eers niks sê nie, maar gevra dat indien die Observer verslag doen, hulle eers die berig kan goedkeur.

Die groep het egter minute voor druktyd wel ‘n verklaring uitgereik en bevestig dat die kontrak gekanselleer is.

Volgens Midmed se bestuurder, mnr. Hennie Viljoen, is dit ‘n saak tussen die bestuursraad van Midmed en WF Kroon, en sal dit onvanpas wees vir Midmed om kommentaar te lewer.

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button