Local newsNewsUpdate

Opvolg: Verhale van mishandeling

Sy het jare van fisiese en emosionele mishandeling verduur voordat dr. Alan Kok nog in hul lewens gekom het.

So sê me. Chantal Niemandt, die vrou wat in die middel van al die drama was sedert Januarie hierdie jaar toe haar man van daardie tyd, mnr. Liam Niemandt, vir dr. Kok met ‘n mes gesteek het.

“Alan het die seerste gekry in al hierdie drama! En hy verdien dit nie. Ek en Liam het voor ons egskeiding al vir meer as vyf jaar ernstige huweliksprobleme gehad.”

Sy het vroeër vanjaar erken dat sy in ‘n verhouding met dr. Kok was, maar dat dit nié die oorsaak van hul huweliksprobleme was nie. Mnr. Niemandt het sedert die voorval nog die hele tyd die rol gespeel as die “slagoffer wat probeer het om die huwelik te red.”

Me. Niemandt het na maande se stilswye, wat sy “ter wille van my kinders gedoen het” besluit om nou, nadat hy die beskermingsbevel vir die soveelste keer verontagsaam het, te vertel watter tipe mens haar man is.

“Ek wou nog die hele tyd my kinders beskerm, maar nie Liam nie. Hy teister my al sedert hy vir Alan op 23 Januarie met die mes gesteek het!”

Volgens haar het hy haar “op alle vlakke mishandel en my emosioneel afgetakel. Ek was net vir hom ‘n trofee.” Sy het skokverhale vertel op watter wyse sy mishandel is.

Na die voorval in Januariemaand, het sy by haar ouers gaan bly en hom duidelik laat verstaan dat sy van hom wil skei.

Opvolg: Interdik teen dr. Kok

Opvolg: Dokter Kok drama duur voort

Opvolg: Dokter begin geveg

Dokter het al met gereg gebots

Opvolg: (Video) Wys bebloede dokter

Opvolg: Dr. Kok uit kamers geskop

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button