Video: Duisende mans trek saam
Duisende mans het die Mpumalanga Men's Conference net buite Middelburg bygewoon.
Alhoewel amptelike getalle nog nie bekend gemaak is nie, word geskat dat daar Saterdag tussen twee en drie duisend mans was.
Stefan Pretorius het na die kamp op Facebook gesê dat dit ‘n onvergeetlike ervaring was.
Retief Burger en Dewald Gouws het lofsang en aanbidding behartig en sprekers soos Piet Jacobs of Piet Boilermaker soos wat hy algemeen bekend staan, het kragtige boodskappe gelewer.
“Piet Jacobs, jy praat so reguit in ‘n man se hart in,” het Freek Roos op Facebook laat weet.
‘n Pa en seun wat vir jare nie met mekaar gepraat het nie, het oor die naweek vrede gemaak.
Die Mpumalanga Men’s Conference saamtrek sal ‘n jaarlikse instelling word met ‘n opvolg kamp wat oor ‘n paar maande beplan word. Gaan loer op ons webblad www.mobserver.co.za vir ‘n kort video wat tydens een van die lofprysings geneem is.



