Local newsNews

Video: Classic Clash 2015 geesvang week!

Die kwik is besig om tot in die rooi te styg, of is dit tot in die groen? Saterdag is dit weer die jaarlikse Classic Clash wedstryd tussen HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg en hoef mens enigiets verder te sê?

Van oral oor die land ruk oudleerlinge na Middelburg op om hulle gunsteling skool te ondersteun.

Die OldBoys, wat verlede jaar ’n hoogs suksesvolle rugbydag aangebied het, het reeds aangedui dat hulle ’n plek gaan afbaken om in groot getalle by die wedstryd te wees.

Die kwik het vroeg Maandag reeds begin styg met die skole wat geesvang geleenthede hou.

Die Rooies sou Dinsdagaand hulle nuwe gelukbringer bekendstel en Middies se groot geesvang is beplan vir Donderdagaand.

Vrydagoggend net na agt is dit die Rooies se beurt om met die jaarlikse optog die dorp rooi te verf, met Middies wat sy groen verfkwas om 8:30 uitpluk.

Die Middelburg Observer is elke dag deel van die pret met foto’s en videos op ons webblad.

Hou ook die Vrydag uitgawe dop vir Johann Gresse se interessante voorskou en profiele van die eerstespan spelers.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button