Local newsNewsUpdate
Opvolg: Aiden steeds in hospitaal
Klein Aiden Roberts (18 maande), wat verlede Dinsdag 05 Mei in 'n swembad geval het in Kanonkop, het Sondagnag 'n terugslag beleef.
Hy word tans in die Garden City Hospitaal behandel, nadat weldoeners vir sy vervoer per helikopter na Johannesburg betaal het.
Aiden het baie goed gevorder en die masjien wat hom help asem haal het, is stelselmatig van hom afgehaal.
“Ons weet nie presies wat verkeerd is nie, net dat hy ‘n terugslag beleef het en terug op die masjiene is,” het sy oupa,
Thys, Maandagoggend oppad hospitaal toe gesê.
“Ons bly glo en vertrou dat God hom vir ons gaan teruggee.”
Lees vorige stories hier:
Opvolg: Familie hoopvol oor Aiden
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



