Local newsNews

Draad skeur kat se bek

'n Kat se bek is deur 'n wreedaard oopgesper en draad is deur sy bek en om sy kop vasgemaak.

Mnr. Bertus Luus was Vrydagoggend erg omgekrap toe hy omstreeks 10:30 sy kat, Muis, onder sy bed by hul huis in Bloekomsig kry.

Die kat se bek was oopgesper en ‘n stuk bloudraad is deur sy bek en om sy kop gedraai. Dit is só gewelddadig deur die kat se bek geruk, dat ‘n stuk van sy bek oopgeskeur is.

Die gesin sê dat iemand in die omgewing gedreig het om honde en katte te vergiftig as hulle in die strate in Bloekomsig gekry word. “Hoe op dees aarde hou jy ‘n kat heeltyd by jou in die huis en erf? Muis is só lief daarvoor om in die veld oorkant ons huis te gaan muise soek!”

Hulle is ook hartseer omdat die kat nou menssku is, waar hy in die verlede altyd lief was daarvoor om na mense toe te gaan.

• Die voorval is aan die Dierebeskermingsvereniging gerapporteer. As enige persoon weet wie die kat beseer het of sien dat iemand ‘n dier beseer, kan hulle die DBV bel by 013 246 1201.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button