Local newsNewsUpdate

Opvolg: Polisie skerp gekritiseer

Die provinsiale polisie kommissaris het skriftelik bevestig dat verlede week Woensdag 03 September se gebeure op die N4 deur sy kantoor ondersoek sal word.

Mense het wêreldwyd met skok en afgryse reageer op die polisie se optrede op die toneel waar vyf mense doodgebrand het na ‘n botsing.

Die toneel was in absolute chaos met niemand wat beheer geneem het, en die pad gesluit het vir opruimings en reddingspogings nie.

Derhalwe is ‘n ER24 ambulans, met ‘n kritiek beseerde Bernine Booysen agterin, se uitgang versper, en dit boonop deur ‘n polisiekonvooi met ringkoppe soos Middelburg stasiebevelvoerder, brigadier Jansen Ngobeni, en kapelaan kolonel Moyane van Nelspruit in sy vrou se luukse Lexus.

Daar is Vrydag skriftelik aan die DA leier, mnr. Anthony Benadie bevestig, dat die saak op die hoogste vlak ondersoek sal word, nadat daar aanvanklik gesê is dat die SAPD se optrede nié onder die loep sou kom nie.

Die polisie het die week gesê dat die konvooi die ambulans se pad versper het om die baan vir ander motoriste te blok.

Die ambulans moes egter vir die polisie plek maak voordat dit met Booysen kon hospitaal toe jaag, waar sy later aan haar beserings beswyk het.

Vorige Berig en Video.

Die polisie se provinsiale segsman, brigadier Selvy Mohlala, het op navraag van die Observer oor die moontlikheid dat Booysen dalk kon oorleef het as sy vinniger by die hospitaal kon uitkom, die joernalis aanhoudend doodgepraat.

Hy wou weet wie die dokter is wat dié sterfte toegeskryf het aan die polisie se optrede.

Opdrag is dié week gegee dat die betrokke joernalis nie meer die plaaslike SAPD kommunikasiekanale mag volg nie, maar eksklusief in die toekoms met brigadier Mohlala moet skakel.

Honderde mense het die manne in blou fel gekritiseer op sosiale media platforms waar die Observer berig oor die aangeleentheid honderde maal gedeel is deur lesers.

Die DA het by generaal Thulani Ntobela, provinsiale kommissaris, aangedring dat veral kapelaan Moyane se optrede ondersoek word, omdat dit indruis teen die gees van sy gekose beroep en teenstrydig is met die eed wat hy in sy hoedanigheid moes aflê.

Generaal Ntobela het ‘n ene brigadier Adolph aangestel om ‘n klag van wangedrag teen die betrokke polisielede te ondersoek.

Hy het skriftelik gesê dat hy brigadier Adolph ‘n sperdatum vir afhandeling van die ondersoek gegee het.

Brigadier Mohlala kon teen druktyd nie opgespoor word vir verdere kommentaar nie.

•Intussen is vier van die oorledens nog nie uitgeken nie omdat hulle familie aandring op DNA toetse.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

2 Comments

  1. Ons dogter was een van die 6 oorledenes. Sy het nog geleef toe die ambulans vertraag is deur regerings konfooi. Ons gaan dit nie daar laat nie. Kontak my 0824175934 PdeK Booysen en A M Booysen

  2. Our daughter was Bernine Booysen. Judges must prevailed. God forgive those who was the reason for the delay !!!!

Back to top button