Local newsNews

Hardhorende vrou vra

Foto's wat soos skilderye lyk ontspring as sy die knoppie druk... maar mense vermy haar vinnig as hulle agterkom sy kan nie al die klanke hoor nie.

Maritza Engelbrecht (33) is hardhorend en kan glad nie mense bel om vir hulle te vertel dat sy ‘n meester is met fotografie nie.

Wat haar dronkslaan is dat mense haar vermy as sy vir hulle sê om net vir haar ‘n sms of Watsapp te stuur as hulle met haar wil kommunikeer. “Daar is niks fout met my nie, ek kan net nie met die telefoon praat nie. In ons moderne tyd is dit tog ongelooflik dat mense my nie wil sms nie?” sê sy kopskuddend.

Sy vertel dat hulle ‘n klein groepie vriende is wat gehoorgestremd is. Haar man is heeltemal doof, asook al hul ander vriende.

“Ons kan álles doen wat ander mense kan doen. Die verskil is, mense sal hulle eerder wend na horendes en so word ons afgesny van die wêreld”

Haar portefeulje onder “Sparkle Photograpy” is ongelooflik en daar is pragfoto’s van troues, paartjies, konserte en selfs natuurtonele.

Die verskil tussen Maritza en al haar dowe vriende is dat sy soms namens hulle met ander kan kommunikeer, aangesien sy sekere klanke wel kan hoor en van aangesig tot aangesig met mense kan praat.

Een van hul dowe vriende, Frank Coetzee, beaam wat Maritza sê. Hy is briljant met webtuiste ontwerp en webberging.

Net soos Maritza, skrik dit mense egter af as hy vra dat hulle hom moet sms.

“Daar is niks fout met ons koppe nie!” sê hy afgemete. Die verskil is net: waar mense in die aande tuiskom en teekoppies hoor rinkel, honde hoor blaf en hul kinders se gelag kan hoor, het hulle net hul eie gedagtes.

“Die doofheid is nie werklik ‘n gebrek nie, want ons kán lees en skryf! Ons hande is nie afgekap nie, vat asseblief net ons hande en gee ons ‘n kans. Ons is normaal soos enigiemand anders!”

• Persone wat Maritza ‘n geleentheid wil bied om foto’s te neem, soos byvoorbeeld matriekafskeid-paartjies, funksies of troues, kan haar sms of Watsapp by 078 147 0805.

• ‘n Kort gedeelte van ‘n video waar Frank sy besigheid bemark, kan gesien word op die Observer webtuiste by www.mobserver.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

6 Comments

  1. Ek kan werklik nie glo dat mense so is nie behoort julle te SKAAM Maritza het ons trou foto’s geneem 26 Julie 2014 en ek gaan haar weer gebruik vir ons babatjie, sy het ‘n fantastiese werk gedoen nie net is haar werk puik nie sy is die pragtigste mens wat ons al ontmoet het,eenige een kan maar kom kyk hoe ons foto’s lyk

    wat is nou so erg daar aan om net op whatsapp of bbm te praat nie ‘n mens is elke dag op dit. dus hoe ons gepraat het en sy het presies geweet wat ons wil doen en hoe ons die foto’s wil he

    Ek kan beslis Maritza aanbeveel

    Maritza jy is ‘n ster :)

  2. Dankie Johan en Judy

    Ek het Maritza so bietjie gehelp met julle en al is ek iemand wat maklik 16 – 18 uur per dag kan werk, was en is ek steeds verstom oor Maritza se ongelooflike deursettingsvermoë en harde werk.

    Persoonlik is my opinie dat, met teveel mense, is die fokus op kwantiteit en geld verdien, in plaas van kwaliteit, en met die min mense wat van Maritza gebruik maak is dit amper logies dat sy kwaliteit werk lewer.

  3. Maritza is n wonderlike Fotograaf en ek het fotos om dit te bewys sy is dalk doof maar sy kan steeds met jou praat en mens verstaan wat sy se , gee haar n kans julle sal nie n fout maaak nie…

  4. Awww Maritza is s n wonderlike Fotograaf en sy is een van die geduldigste mense wat ek al ooit ontmoet het . :)

Back to top button