Ontmoet die Middelburg-monsters, ‘n egpaar wie se identiteit nooit bekend gemaak mag word nie, omdat dit hul kinders net meer pyn en lyding sal besorg as wat hulle vir twee jaar onder die hande van hul eie ouers moes deurmaak.
Die egpaar, ‘n 31-jarige vrou en haar 39-jarge man, is verlede Donderdag, na ‘n suksesvolle saak deur staatsaanklaer Derik Rowles, deur landdros Deon Minnie skuldig bevind op onder andere aanklagte van verkragting en aanranding.
Die kinders is misbruik vandat hulle 10 tot 13 jaar oud was en vier tot sewe jaar oud.
Die man en vrou het hul swygreg uitgeoefen deur nie tydens die hofsaak te getuig nie.
Die oudste slagoffer het getuig hoe sy op haar tiende verjaardag wakker geword het met seer geslagsdele en haar pa wat langs haar lê.
Sy het getuig hoe sy haar pa een aand bo-op haar jonger sussie aangetref het. Hy was besig om haar hande met kabelbinders aan die bed se kopstuk vas te maak. Op die bedkassie het daar kondome gelê.
Haar ma was teenwoordig maar het niks gedoen om te keer nie. Sy het die kamer verlaat toe haar ma haar beveel het om dit te doen. Haar sussie het later aan haar vertel dat sy ook al hul pa bo-op die ouer sussie aangetref het.
Sy het later ook vertel dat sy een oggend wakker geword het met seer arms en kabelbinders en ‘n tang wat langs haar bed gelê het.
Volgens haar is hulle gereeld geskop, geslaan en met voorwerpe gegooi.
Beide dogters het begin om hulself te bevuil en te benat. Die ouer meisie moes agter haar jonger sussie skoonmaak en haar beddegoed en klere omruil.
“Ek vergewe julle”.
Nadat sy getuies afgelê het, het die meisie die hof versoek om haar ouers toe te spreek. Sy het aan hulle gesê: “Mamma, ek is lief vir julle en hoop julle sal my vergewe, want ek vergewe julle.”
Tydens kruisondervraging het die egpaar se regsverteenwoordiger, advokaat Jan van Rensburg, gesuggereer dat sy ‘n verhouding wat “meer as net vriendskap” behels het met die 26-jarige buurman gehad het. Sy het dit ten sterkste ontken.
Die jonger dogtertjie het getuig dat sy telkemale vir haar ma vertel het dat haar pa haar sussie misbruik en dat haar ma geantwoord het: “Ag toemaar”.
Sy het later getuig dat sy minstens tien keer gesodomiseer is en deur haar eie pa verkrag is. Die dogtertjie het vertel hoe haar ma haar en haar sussie vasgehou het, sodat haar pa hulle kan verkrag.
Die jonger dogtertjie se graad een juffrou het getuig dat sy haar na die skool se sielkundige gestuur het “omdat sy ‘n agterstand gehad het”.
Sy het ook vertel dat die dogtertjie ‘n ongaangename liggaamsreuk gehad het en amper weekliks na die klerebank moes gaan, omdat sy haarself bevuil het.
Die juffrou is op ‘n stadium deur die pa gedreig dat hy ‘n naamskending saak teen haar gaan oopmaak.
Daar is getuig dat die jonger dogtertjie van Januarie tot September in haar eerste skooljaar 21 dae afwesig was. Sy het met tye merke en snye op haar gesig gehad.
Beide meisies is deur kaptein Mara Badenhorst, ‘n forensiese maatskaplike werker, ondervra. Kapt. Badenhorst het getuig dat sy die onderhoude sonder enige vooraf kennis van die omstandighede gedoen het, sodat die verslae wat sy opgestel het bloot die weergawes van die kinders bevat.
Sy het spesifieke en nagevorsde metodes gebruik om die kinders se weergawes te bekom.
Kapt. Badenhorst is deur die hof as ‘n geloofwaardige en deskundige getuie beskou, wat die weersprekings wat die kinders in hul getuies gehad het, genoegsaam verduidelik het.
Sy het getuig dat die jongste slagoffer haarself as dom sien en dat sy oor seksuele kennis beskik wat nie vir haar ouderdom van pas is nie.
Die dogtertjie het die misbruik aan haar juffrou openbaar, omdat sy wou ontsnap en na iemand gesoek het wat vir haar sou lief wees en haar nie sou seermaak nie.
‘n Dokter van die Middelburg Hospitaal het getuig dat die jongste dogtertjie, wat op daardie stadium ses was, nie ‘n maagdevlies gehad het nie. Mnr. Van Rensburg het ter verdediging aangevoer dat daar rare gevalle was waar dogtertjies sonder ‘n maagdevlies gebore word.
Hierdie weergawe is deur die hof, na oorweging van deskundiges en navorsingsdata, verwerp en ‘n “dwaalstorie” genoem.
Landdros Minnie het gesê dat alhoewel die ouers ‘n grondwetlike reg het om te swyg, daar geen rede is waarom hulle hul pleit van onskuldig nie in die getuiebank kon staaf nie.
“Die feit dat hulle dit nie gedoen het nie, is na die hof se oordeel … versoenbaar met die gedagte dat hulle geweet het of bevrees was dat die onwaarheid van hul weergawes onder kruisverhoor aan die lig sou kom.”
Hy het verder gesê dat die afwesigheid van maagdevliese by die meisies vereenselwigbaar met penetrasie was. Daar is bevind dat die meisies geen motief kon gehad het om hul ouers vals te impliseer nie.
• Die saak is tot in Oktober uitgestel vir vonnisoplegging. Indien die egpaar aansoek wil doen vir verlof om teen die uitspraak te appelleer, sal dit dan gedoen word.
• Lewer kommentaar: Stuur die kodewoord kind, gevolg deur jou boodskap aan 37940. (Sms kos R1.50).




Ouers wat hul kinders verkrag en mishandel, hoort agter tralies.
Ag nee! Sies man. Ek is swanger met my eerste baba, n pragtige baba dogtertjie. Ek sal eendag iemand te lyf gaan wat iets aan my kind doen!! Kinders is n gawe/ geskenk van God!Mense moet gaan vir sielkundige toetse voordat hulle kinders kan kry of selfs troeteldiere mag aanhou!!! Hang die slegte bloody ouers (as jy hulle ooit ouers kan noem!) en maak n publieke voorbeeld daarvan!
Hulle moet asb daai ouers vir my gee, ek sal hulle wys en laat voel wat hulle dogtertjies gevoel het!!! En die MA… sy is nie ‘n ma se alie werd nie!!!!! Terpentyn en skuur draad… dis al wat gaan help!
Ouers wat hulle kinders so behandel kan nie ouers genoem word nie maar BARBARE en die dood straf moet hulle opgele word dis al wat hulle verdien maar toemaar hulle sal eendag moet rekenskap gee
Ek is in trane!!! Ek is self ‘n mamma – net die gedagte waardeer die twee meisies moes gaan is vir my ondraaglik!!! Ek hoop hul kry lewenslange tronkstraf want selfs dit sal te min wees. . . HUL IS VARKE!!!
Ek dink dis SIEK hulle is nie die naam ouers werd nie! daai kinders het nie gevra om hier te wees nie!! UGH!!! siek mense
Ek sal so ding dood skop sies man. Mag julle gewete julle pla en na selfmoord dryf julle siek gemors. Sies.
Dit is om die ergste SKOKKEND. As die man dan so hope enregie het van belustigheid hoekom gaan besoek hy nie dan Huis van Werkers nie. Ons leef in n siek siek wereld. En mense raak vas gevang in omstandighde en besef nie hul is siek en het hulp nodig.
Nee regtig dis belaglik.Waar gaan ons wereld heen.Sulke mense moet in die eerste plek nie kan kinders he nie.Ek sal moordpleeg by my 4kinders.
Ek is n ouma wat vier kleindogters het en een seuntjie wat by my bly. Ek sal moor vir my kleinkinders en niemand sal n haar op een van hul koppe skaad solank ek leef om dit te verhoed! Sulke mense moet die doodstraf kry want hul het die kinders se hele lewe en toekoms van hul weggevat! Maar hul sal natuurlik weer net n paar jaar tronkstraf uitdien dis niks in vergelyking met wat die kinders moes deurmaak en saam mee moet leef in hul toekoms! Siek bose mense!!
WAT WORD VAN ONS ARME KINDERTJIES!
SIES – DIS ONMENSLIK!!!!!
GELUKKIG MOET JULLE EENDAG AAN ONS GROOT GOD DAARBO VERDUIDELIK!!!
LAAT GOD ONS KINDERTJIES TOEVOU IN SY HANDE……
Mag hulle in die hel gaan brand!! Dis hoekom ek ten gunste is van die doodstraf. Sulke monsters verdien geen reg op lewe in ons samelewing nie. Vir sulke monsters is die doodstraf eenigste straf hulle moet uit die samelewing verban word.
Hulle het geen menslikheid of gevoel in hulle nie! Dit is duidelik sigbaar as jy sien wat hulle aan 2 onskuldige dogtertjies gedoen en laat doen het! Sulke monster moet in die openbaar gehang word sodat almal kan sien hoe hulle dood gaan en hoekom hulle gehang word! Ek glo dat sou n mens dit kon doen sal ons hierdie Siek Monsters stuit in hul spore!
Ek haat hierdie tipe mense!!! Om dit aan jou eie of enige ander kind te kan doen! Ek wens dat julle deur dieselfde hel sal gaan as wat julle daardie kinders laat deur gaan het. Julle is dan man en vrou hoekom gebruik julle nie mekaar vir julle kak nie! Julle is laer as slang kak man!!!!! Julle sal eendag swaar gestraf word vir hierdie goed wat julle aan kinders doen! Ek wens julle dag van hel breuk vinniger aan as wat julle dink!!!!!!
Daar is mense hier buite wat enige iets sal doen om net ‘n ou seuntjie of dogtertjie te kan he en dis wat julle met kinders doen.
Waar is die ouers nou ?
Is hulle in aanhouding tot die saak weer voorkom of is hulle uit op borg?
Hoe en waar kry mens inligting oor die mense ?
‘n Mens mag nie ander dood wens nie maar ek wens daardie siek goed vrek! want hulle is nie mense nie. My hart gaan uit na die twee kleintjies.
My heart is so seer,dankie vir onderwysers.Mag de ouers brand in hell,toesluit en de sleutels weggooi.Ons kan net bid vir de twee dogters
Dis so hartseer om van sulke gevalle te lees .. maar nou moet ek by voeg dat ek in sulke omstadighede groot geword het waar my ma en stief pa dit aan my en my oorlede tweeling sussie gedoen het .. een ding is verseker dat ek n sterk mens daar uit gekom het .. al my gebede en sympathy aan die twee dogtertjies en glo en bid dat julle sterk sal staan en n beter mens daar uit sal stap
Bring daai man vir my……… Ek sal my uitleef op hom, ALLE frustrasie op die bliksem uithaal. Die vrou is ook welkom, ek sal ‘n uitsondering maak. Die man sal ook binnekort darem voel hoe dit voel om gesodomiseer te word. Justice!!! Hoop hy is die gunsteling ‘bitch’ in die tronk…
GOEIE GENUGTIG-eks stom geslaan!!! DISGUSTING is ‘n understatement! Die feit dat sy gese het dat sy haar ouers vergewe wys ons dat God altyd teenwoordig is ongeag jou situasie, sy het deer hel gegaan maar steeds vergewe sy hul nes HY ons beveel.
Ek hoop hulle kry maksimum tronkstraf! Sulke mense mag nie in die samelewing vrygelaat word nie. Hulle verdien nie vryheid nie! Die dogtertjies is vir die res van hul lewens geskaad!! Hulle is nie ‘n kinderlewe gegun nie. Spaar hulle asb van blootstelling aan die monsters die res van hulle lewens!!
Hoeveel ander sulke gevalle is daar wat mens vanweet? Mog hul lank sit dat hul kan nadink oor wat hul aan die arme kinders gedoen het
Dit is amper onmoontlik om te glo. Kan n ouer so wreed wees? Ek hoop die ouers kry wat hulle verdien.
Sit daai tappet mense se adres en naame in die koerant laat almal weet Wie hulle is wit gemors craul back too under rock where you came from wreed wreed
Waar op aarde sien jy sulke dinge gebeur , magtig man is die ma kens ??? en die pa is pervers sies aan jou jou boef en jy mevrou is die laagste vorm van see slak slym op die seebodem dalk is jy net so pervers. DIE MENSE MOET GEEN GENADE GEWYS WORD SIT HULLE IN DIE TRONK EN SMYT DIE SLEUTEL WEG !!!!!!!
Dis siek man siek watse ouers watse mense doen so iets ek se bring terug di dood straf. Martel die goed tot hul dood is neeeee man jy verdien ni om te lewe ni.
Dis ondenkbaar dat daar sulke monsters kan wees! Mag God daardie 2 dogtertjies genees en hulle die beste nuwe huis gee wat hulle verdien! Vir die ouers, ek Bid dat julle vergifnis kan kry deur God want ‘n ewige tyd in die he’ll le vir julle voor. Ek het self 2 dogtertjies en hulle is my alles! Hoe slaap dai vrou? Hulle is vir hulle geleen deur God?! Sit hulle fotos in die koerant!
Hoekom se hulle nie vir ons wat hulle name is nie , dan kan almal weet wie hulle is….gemors
Daar is hope paartjies wat bid vir ‘n kindjie en kyk wat maak barbare met hulle Godsgawes! Die swaarste straf moet vir hulle uitgedeel word,ons weet tog die doodstraf sal nie weer terugkom nie. Iewers sal ‘n Samaritaan weer hierdie twee kindertjies se lewens probeer verander,maar die letsels sal vir ewig bly. Mag hierdie twee ouers duur betaal!!!!