Local newsNews

Verweys soek advokaat

Die siviele geding tussen Antoon Viljoen en die sakeman Tertius Verwey wat Dinsdag in die hof sou draai, is tot November uitgestel om Verwey kans te bied om 'n advokaat aan te stel namens hom en sy seun Jacques.

Die Verweys word beide van die bloedige aanranding op Viljoen beskuldig en naas die siviele geding, het Verwey (senior) ook verskeie maal sedert Viljoen se aanranding by Amazons op 23 April 2013, in die hof verskyn op kriminele klagtes.

Tydens sy laaste verskyning is die dossier teruggestuur vir verdere ondersoek omdat die video van die voorval wat op Amazons se CCTV kameras vasgelê is, nie as bewysstuk bygelas was nie.

Slegs Verwey en Viljoen se verklarings was in die dossier en niks van ooggetuies soos kroegmanne wat tussenbeide getree het, nie.

Viljoen se regsverteenwoordiger vir die siviele geding, wat toevallig ook in die hof was, het verder aangedring dat Verwey se seun, Jacques, ook aangekla word.

Mnr. Tertius Verwey en sy seun Jacques wat siviel en strafregtelik vervolg word vir die aanranding van Antoon Viljoen.
Mnr. Tertius Verwey en sy seun Jacques wat siviel en strafregtelik vervolg word vir die aanranding van Antoon Viljoen.

Jacques is ‘n verweerder in die siviele geding saam met sy pa.

Op die video kan gesien word hoe beide Verweys verskeie vuishoue na Viljoen slaan, en selfs terug gaan vir meer.

Mens kan sien hoe ‘n kroegman oor die toonbank vlug vir die Verweys.

Viljoen eis R250 000 van die tweestuks.

Intussen is die kriminele saak in die hande van ‘n senior speurder geplaas vir ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button