Local newsNews

VIDEO: Bloeddorstig met selfone

Bloeddorstige omstanders het video's van 'n sterwende ongelukslagoffer geneem en dit die wêreld ingestuur.

Die Observer het hierdie week een van hierdie skokkende selfoonvideo’s, wat by die ongelukstoneel geneem is waar Quintin Grobler op 14 Junie gesterf het, gesien.

‘n Anonieme persoon het gesê dat hy sowat ‘n uur nadat die ongeluk plaasgevind het, die videomateriaal vanaf Bethal gekry het!

Op die video kan die laaste grusame oomblikke voor mnr. Grobler gesterf het, gesien word.

Wat ‘n mens opval op die video is dat daar nie net één persoon was wat ‘n selfoonvideo van die toneel geneem het nie.

Daar kan duidelik gesien word hoe een persoon voor ‘n ander een indruk om die beseerdes (mnr. Grobler wat op die toneel gesterf het en die bestuurder van die voertuig, mnr. Stoffel Swart, af te neem.

“Almal is gereed om toe te sak op tonele en vir ander te wys wat hulle afgeneem het, maar hulle vergeet dat hulle dalk die volgende slagoffer kan wees of hul eie familie op wrede videomateriaal kan sien,” het die anonieme persoon gesê.

• Mnr. Grobler se vrou, Sonja, het dié week weer gevra dat enige persoon wat dalk ‘n ooggetuie van die ongeluk was, na vore moet kom. Die ondersoekbeampte is adj. Boss Mokoena en inligting kan aan hom deurgegee word by 013 249 1402.

• Die Observer het die skokkende tonele uit die video gesny.

Die res van die video waar ‘n mens kan sien hoe die voertuig om die boom gevou is en mnr. Stoffel Swart uit die voertuig deur die kattebak gehelp word:

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

2 Comments

  1. Ek wil net graag se, my man was n vriend van die oorlede, asook n vriend van Stoffel, en die mense wat op die toeneel video’s geneem het, hoe gaan jul voel as dit jou vriend,geliefde,pa,of famalie lid is, en ander neem sulke video’s, ek persoonlik dink jul is siek mense, dis niks om oor te brag nie, daar is mense met gevoelens wat die mense met seer moes groet asook in die oe kyk. Dis nie n hollywood movie nie man, dis reallife, real mense, my man sukkel om daai dag te verwerk, nie eers te praat van sonja nie, hoe kan mense so gevoel loos wees, om geen respek te he vir die dood nie. Onthou almal loop daai paaitjie, sonja ons harte gaan uit na jou en die kinders. Aan almal wat daai dag betrokke was Sterkte.

  2. Ek stem volkome saam met jou Lucy. Hierdie mense, oftewel goed, is alreeds breindood of eerder breinloos. Ek het jare gelede die volgende gelees op ‘n motor se plakker: “You will not be the first one but you could be the next one”.

Back to top button