Local newsNewsUpdate

Opvolg: Wreedaards steeds vry

Die aanvallers wat verantwoordelik was vir die genadelose aanranding van 'n 97-jarige inwoner op Hendrina, is steeds op vrye voet.

Stirie Sckeurkogel is twee Vrydae terug in sy huis oorval. Sy aanvallers het sy kakebeen op verskeie plekke gebreek, vermoedelik met ‘n skuifsleutel.

Hulle is onderbreek toe mnr. Sckeurkogel se dogter in Gauteng alarm gemaak het nadat sy hom nie op die foon in die hande kon kry nie.

In die huis is daar op ‘n strykyster, wat uit sy bêreplek gehaal is en reeds by die muur ingeprop was, afgekom.

Daar word vermoed dat die boosdoeners beplan het om mnr. Sckeurkogel daarmee te brand. Mnr. Sckeurkogel het by sy dogter in Krugersdorp aangesterk na die aanval.

Hy sal hom nou perma-nent by haar ves-tig.

Lees vorige berig hier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

2 Comments

  1. Uiters uiters uiters SKOKKEND. Ek kan nie glo dat God sulke goed kon skape.Hulle het hande ens. gekry wat nie misvormd is en kyk wat doen hulle daarmee. BRING DIE DOODSTRAF TERUG OM HULLE PERMANENT TE VERWYDER !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Back to top button