Local newsNewsUpdate

Opvolg: Natie kom kuier by koerant

Talle lesers het na vore gekom om min of meer dieselfde weergawe van hul kennismaking met Naas van Heerden te vertel, nadat daar verlede week 'n berig oor hom in die Middelburg Observer was.

Mnr. Van Heerden, of Natie soos wat hy homself soms voorstel, gaan by besighede en huise om en bedel geld met die storie dat sy voertuig sonder petrol gaan staan het.

Hy nooi dan sy weldoeners uit om ‘n bokkie by hom op die plaas, in die Avontuur omgewing, te kom skiet.

Hy het onlangs by die huis van ‘n bejaarde man, net bekend as mnr. De Lira, aangeklop. Dit nadat hy eers by die bure gekuier en bietjie meer uitgevind het oor mnr. De Lira se doen en late.

Mnr. Van Heerden het ‘n baie siek mnr. De Lira uit die bed gejaag, omdat hy hom so goed ken en hom graag wou sien. Hy is vort nadat hy die bejaarde egpaar se enigste kontant, ‘n skamele R40, uit hulle het.

Hy het vir die egpaar vertel dat hy en sy vrou besig is om duisende hoenders te slag en dat hy vir hulle ‘n hoender of twee sou bring.

“Toe hy die R40 sien het hy gesê hy soek eintlik R100, maar ons het dit nie gehad nie. My vrou het gesê dis ‘n plesier om hom te help, hy moet net die geld terug bring, ons soek nie ander gunsies nie.”

Die De Liras het later by die bure gehoor dat hy eers daar aangeklop en uitgevra het oor hulle.

Mnr. Van Heerden het Maandagoggend, vergesel deur ‘n oorweldigende drankwalm, by die Middelburg Observer kantore ingestorm. Hy het die eerste manlike joernalis wat hy teëgekom het vriendelik genader en gesê “Tobie! Hoe gaan dit?” Ongelukkig vir hom was dit nie Tobie voor hom nie.

Hy het beweer dat hy instruksies vir ‘n plaaslike prokureur gegee het na verlede week se berig. Hy het ook beweer dat die koerant die oorsaak is dat sy huwelik verbrokkel “omdat sy vrou nou glo dat hy ‘n skelmpie het”. ‘n Sakeman het vertel dat hy ‘n vrou met blonde hare saam met hom gesien het.

Mnr. Van Heerden het om die feit dat hy mense indoen gepraat en gedreig “more sal ek vir julle ‘n ding kom wys!”

Toe hy prontuit gevra is hoekom hy mense so bedrieg het hy gevra hoekom daar nie berigte verskyn oor al die mense wat hom al bedrieg het nie.

Hy het gesê dat hy net bloot vriendelik van natuur is en nie daarop uit is om mense om die bos te lei nie.

Hy is fort toe daar versoek is om sy foto te neem en het nog nie weer sy opwagting gemaak om “‘n ding” te kom wys nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

2 Comments

  1. Ja nee
    Hy is so windgat en sal enige iemand aanvat as jy hom n halwe kans gee
    Daar moet kriminele sake teen hom oopgemaak word voordat hy regtig groot skade aanrig aan iemand wat daarvoor sal val
    Groete
    Chris

  2. Natie jy en al die ander donners soos jy is die wat mense n slegte naam gee. Mense sukkel om kop bo water te hou en jy jou lae gemeene slak maak misbruik van ander mense se goed hartigheid. Ek self het al deur geloop met mense vir wie ek gehelp het en weet jy wat as gevolg van mense soos julle sal ek n ooit weer mense help nie. 9

Back to top button